{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Rossouw puts head in hornets' nest?

Former Springbok wing Pieter Rossouw is expected to be named as Namibia's backline coach for the World Cup , but does he know what he is getting himself into? 

 

Reports of Rossouw's addition to Namibia's coaching squad comes less than a week after Danie Vermeulen's shock resignation as head coach. Three other senior members of the Namibian Rugby Union have also tendered their resignations

 

According to a letter to Die Republikein's Facebook page last week, Vermeulen blamed the NRU's interference with team selections and the lack of support from president Bradley Basson.

 

Vermeulen also revealed that there was allegations of racism made against him by 'coloured players' in the squad. The former coach said he still has not received the complaints from the NRU.

 

The inclusion of foriegn-based players in the squad was also something that he battled with as he blamed the NRU for not notifyling players about the inclusion.

 

According to the New Era newspaper the Namibia Sports Commission (NSC) have stepped in to "launch a thorough investigation into the unpleasant affairs of the NRU" after four national rugby premiership clubs wrote an open letter to the Sports Directorate in the Ministry of Youth, Sport and National Service outlining a string of damaging allegations against the NRU hierarchy.

 

NRU CEO Sybrand de Beer told New Era that the union would meet members of the NSC on Monday.

 

In May the Blue Bulls Company (Pty) Ltd announced that Rossouw would not renew his contract with the union at the end of the current season. It was understood Rossouw would be pursuing business interests in the Cape.

 

Danie Vermeulen statement: 

Rossouw puts head in hornets' nest?

 

 Ek is nie 'n geleerde man nie, Ek is gebore in Mariental, het gematrikuleer by Academia Hoërskool en na skool begin werk by die destydse ou Alpha Co-op. Ek het geen graad of diploma agter my naam van enige universiteit of college nie. Al wat ek het is dat ek 'n gebore en trotse Namibier is, iemand wat 'n ongelooflik passie hoop en trots het vir ons land en ons geskiedenis en ons toekoms.

 

So dit is met 'n swaar en teleurgestelde hart en gemoed dat ek bedank het as afrigter van die Namibiese Nasionale Rugby span op 25 Julie 2015.

Dit was geensins 'n maklike besluit nie en is die besluit geneem sonder emosie maar met die spelers en die komende Wêreld Beker in ag geneem.

Ek het dit van dag een af met my aanstelling duidelik gemaak sou die span kwalifiseer vir die Wêreld Beker ek net sal aanbly as ons kan kompeteer en 'n wedstryd wen by Wêreld Beker, maar dat ek nie net na Wêreld Beker sal gaan om net deel te neem en om te kan sê ek was daar nie.

 

Die rede vir my bedanking kom sedert kwalifisering vir 2015 Wêreld Beker in Madagaskar in 2014. Baie mense kon nie verstaan hoe ons so swak kon speel teen Kenia en Zimbabwe in die eerste twee wedstryde nie maar tog daarin kon slaag om die WP te kon wen en teen die Bulle se Super 15 span vir 60 minute kompeterende rugby te kon speel twee weke voor die tyd. Wat die publiek nie geweet het nie was dat ek beopdrag wees deur die NRU om my oefeninge te beperk tot net twee sessies per week aangesien hulle gevoel het die spelers moet eerder klubrugby speel. Dit het veroorsaak dat die spelers onder gekondisioneer was en nie die spelpeil kon handhaaf vir vier wedstryde in 'n ry nie dit in 'n Wêreld Beker-kwalifiserende jaar. Dat ons wel gekwalifiseer het is in my oë 'n wonderwerk en, soos die Engelsman sou sê, " a act of God".

 

Na kwalifisering het NRU weer besluit die spelers moet weer klubrugby speel terwyl ons liewers moes voorberei vir die komende Europese toer in November wat my weer met beperkte tyd gelaat het veral met kondisionering om spelers voor te berei vir die uitdaging wat voorlê. Nodeloos om te se ons het nie een wedstryd gewen nie. Wat die skokkendste was, was die inmenging van die raad se kant met die kies van die toergroep. Die groep sou aanvanklik net uit 28 spelers bestaan en toe ek nie 'n sekere speler kies nie toe word die groep vergroot na 29 en is ek net ingelig die betrokke speler gaan saam.

 

Na afloop van November toer is ek meegedeel in my toer review dat klagtes van rassisme deur die gekleurde spelers teen my gelê is en dat die klagtes skokkend is. Ek het versoek om die klagtes te sien maar het dit tot vandag nog nie ontvang nie. Ek het tot vandag toe nog geen verduideliking van NRU oor die aangeleentheid ontvang nie en is die punt nooit uigesorteer nie.

 

In Desember 2014 woon ek vergadering by waar menere Mark Egan en Steph Nel van World Rugby ook teenwoordig was en word ek versoek om nie die Vodacom beker af te rig nie aangesien die politieke druk op die raad en op my te veel is en om die druk te verlig voel hulle ek moet liewers terugstaan as afrigter wat ek wel gedoen het.

 

In Januarie 2015 by 'n finansiële beplanning sessie het die huidige NRU president mnr Bradley Basson my voor die NRU raadslede meegedeel dat hy geen meer vertroue in my vermoëns as afrigter het nie.

 

Met die vergadering in Desember het ek dit baie duidelik gemaak dat die NRU 'n gekwalifiseerde kondisioneringsafrigter moes aanstel, aangesien Michiel Greeff bedank het na herhaalde kritiek deur Steph Nel en John Williams (Michiel is die enigste World Rugby-geakrediteerde kondisionerings-afrigter in Namibië, besit ook 'n meestersgraad in biokinetika). Dit is nooit gedoen nie en vyf maande is gemors in die Vodacom Beker wat 'n direkte invloed op die span se vertoning gehad het nou in die Nations Cup in Romenië (Kondisionerings stats beskikbaar).

 

Walter Don die agterlyn afrigter het bedank in September 2014 na 'n vergadering met raadslede waar ek soos 'n skoolseun vergil is deur die mnr Bradley Basson omdat ek durf waag het om die raad te kritiseer vir hulle onvermoe om my genoeg tyd te gee om span voor te berei vir die Europese toer. Na afloop van die vergadering het Walter my ingelig dat hy nie verder kans sien om onder die omstandighede afterig nie.

 

Na Walter het ek verskeie kere die NRU versoek om 'n agterlyn afrigter aan te stel wat tot en met my bedanking nie gebeur het nie. Dit het 'n wesenlike effek op die agterlyn spel by die Nations Cup gehad weereens moes die spelers die prys betaal.

 

In April 2015 ontvang ek 'n epos wat verkeerdelik aan my gestuur is waarin Phil Davies die Walliese konsultant versoek dat hy en Wayne Proctor en John Williams volmag moet kry om die Nasionale Span voor te berei en te kies, was dit nie 'n skok vir my nie.

 

'n Week voor ons vertrek na Tunisië en Romenië het ek die lys van die groep buite spelers wat deel is van die groep van 50 na John Williams deurgestuur sodat die vrystellings vir die betrokke spelers by hul onderskeie klubs en provinsies aangevra kon word. Op 18 Junie terwyl ek in Romenië is kontak ek sewe spelers om te hoor wanneer hulle in Windhoek gaan wees in Julie, vier van die spelers bevestig dat hulle nog geen kennisgewing van die NRU ontvang het dat hulle moet aanmeld in Windhoek nie. Tot en met my bedanking kon die NRU my nie 'n lys voorsien met datums wanneer al die spelers in Windhoek sou wees om voor te berei vir komende Rusland toetse nie.

 

In die groep van 50 het ek 'n speler van die Pumas gekies, hy is 'n uitstekende senter, kan losskakel ook speel en ook 'n baie goeie stelskopper. Ek het die NRU reeds in Februarie meegedeel om my te assisteer met die spelers se burgerskap aansoek aangesien sy ma 'n gebore Namibier is. Toe ek die groep deurstuur word ek meegedeel deur die NRU High Performance komitee dat die spelers nie Namibiese burgerskap het nie en dat hy nie oorweeg kan word nie. Toe ek navraag doen hoekom die NRU nie geässisteer het met die aansoek word ek meegedeel dat dit 'n raadsbesluit was ek het onmiddelik versoek hoekom ek nie ingelig was van die besluit nie, maar het tot op hede nog geen antwoord van die CEO ontvang nie. Dit beteken in die groep van 50 is net een erkende stelskopper – Theuns Kotze.

 

Hierdie is net 'n paar voorbeelde van voorvalle wat gebeur het in my tyd as afrigter van die Nasionale Span, maar daar was vele meer gevegte.

Met dit as agtergrond het ek tot die besef gekom dat ek die oorsaak is hoekom spelers en die span benadeel word, dat ek tussen sukses by die Wêreld Beker staan en met klagtes van rassisme hangende teen my, raad wat in my spankeuses inmeng, president wat nie meer vertroue in my vermoens het nie, geen aangestelde agterlyn afrigter, geen idee wanneer ek my spelers gaan hê om voor te berei vir toets teen Rusland nie.

 

Die laaste strooi was my rolstoel situasie, met ons aankoms in Tunisië 4 Junie was my stoel weg. Ons skakelbeampte van Tunisië het op die lughawe een van die lughawe se stoele gesteel net dat ek 'n stoel moet he om mee te beweeg. Nou dit is geen geheim dat paraplieë nie beheer oor ons maag en blaas het nie, so behalwe die feit dat 'n rolstoel belangrik is vir my om span af te rig is dit noodsaaklik vir my lewenskwaliteit.

 

Met ons koms in Romenië het ek uit my sak (N$6000) vir my 'n basiese stoel gaan koop net om bietjie meer mobiel te kan wees om die span afterig, om daardie staduim kon niemand van NRU my inlig oor die versekering wat hulle uitgeneem het vir die bagasie nie. Met my aankoms in Windhoek 24 Junie is ek meegedeel dat die versekering wat NRU uitgeneem het vir bagasie net N$30 000 dek. Ek het die 25ste weer navraag gedoen by CEO maar tot vandag toe nog nie 'n antwoord op my epos gekry nie, ook nie 'n apologie nie, want niemand by NRU wil verantwoordelikheid vat vir die situasie nie.

 

My kostes beloop tans vir rolstoele sedert my stoel weggeraak net N$127 550. NRU het my gister in kennis gestel dat die versekering N$30 000 en NRU ex gratia betaling van N$19 000 aan my sal maak wat my los met N$78 550 uit my sak. Tot en met gister het ek nog geen betaling van versekering of NRU ontvang en het ek alles gister uit my sak betaal. Is dit wat ek werd is vir NRU? Moet ek vir die gelag betaal as NRU onvoldoende versekering uitneem? Alles in aanmerking geneem het ek tot die besluit gekom dat NRU nie regtig waarde in my as afrigter sien nie en het ek geen ander rede gehad as om te bedank nie.

 

Ek weet dat NRU die aantygings gaan probeer ontken, maar gelukkig sit ek met al die eposse en ooggetuies om aantygings te staaf.

(Ek het doelbewus my persverklaring terug gehou om NRU kans te gee om die feite deur te gee wat hul nie gedoen het nie.)

 

(Ek het doelbewus my persverklaring terug gehou om NRU kans te gee om die feite deur te gee wat hul nie gedoen het nie.)

 

NRU president Bradley Basson statement:

 

Die kommentaar gepos op Republikein se webwerf, maak vir baie interessante leesstof. Woorde soos integriteit, leuens, wanbestuur, soustrein, kroonprins, poepholle en geld steel word los en onomvoegtelik gebruik sonder om werklik eers agter die kap van die byl te kom. 

Die hele artikel beskuldig alle ander rugby administrateurs terwyl daar nie eenkeer melding gemaak word van enige skuld voor die deur van Mnr Danie Vermeulen.

 

Dit laat my dus met geen ander keuse as om op van hierdie aantuigings te reageer en om sekere beweringe in konteks te plaas en daarop te antwoord.

 

Ek ag my geensins volleerd nie, en definitief ook nie beter as enige ander persoon nie. Ek erken en het al telkemale besef dat daar duisende ondersteuners van rugby daar buite is wat ons span wil sien vorder en goeie resultate lewer. Ek besef ook dat rugby ‘n sport is waar elkeen sy eie streng en uitgesproke mening kan lig, maar aan die einde van die dag, is dit die liefde van die sport wat ons almal bind.Rossouw puts head in hornets' nest?

 

Ek het geen verlamming of gebrek, fisies of verstandelik, maar sal ook nie voorgee om te weet wat mense soos Danie elke dag moet deurmaak nie. Wat ek wel kan sê is dat toe Danie aansoek gedoen het vir die pos as afrigter in 2012, het dit nie die NRU Raad geskeel of hy nie geleerd of verlam is nie. Sy aanstelling is toe op meriete gedoen, ten spyte van hewige kritiek vanuit sommige geledere en plaaslike klubs.

 

‘n Eerste regstelling wat niemand moet uit die oog verloor nie: Danie het bedank 85 dae voor die Wêreldbeker. Die Raad of Uitvoerende bestuur het hom nie afgedank nie. In Danie se brief gerig aan die NRU Raad, op Woensdag 24 Junie 2015, het Danie net aangevoer dat hy voel dat die NRU hom nie genoegsame ondersteuning bied nie. 

 

Wat lesers moet weet is dat Danie Vermeulen was tot op hede die afrigter wat die meeste ondersteuning geniet het in terme van hulpbronne, finansieël of in mannekrag as enige vorige nasionale afrigters in die wedloop op Wêreldbeker kwalifisering en ter voorbereiding tot die toernooi. 

 

Dit bygesê, is Mnr Vermeulen ook toegerus met die beste arsenaal spelers op sy aanvraag wat die Raad telkemale van huide en vêr moes invlieg en vergoed. Reëlings is reeds getref deur Wêreld Rugby om ‘n luukse voertuig sodanig te omskep om hom ten volle te akkommodeer gedurende die toernooi. Afrigters sones is inderdaad aangepas met rolstoel vriendelike toegang en selfs die hotelle, kleedkamers en algemene beweegsones is toegerus om Danie se Wêreldbeker so gemaklik en doeltreffend as moontlik te kan maak. 

 

Die NRU Raad sal dus nooit op hierdie stadium van die geveg vir Danie afdank of hom onder druk plaas om te bedank nie. Wat ons wel gedoen het was om op aandrang van Wêreldrugby internasionale konsultante aan te stel om die huidige afrigtingspan aan te vul en om te help om n nalatensprogram in plek te sit tot na die Wêreldbeker 2015. 

 

Tot onlangs het verskeie klubs en ook van die raadslede wat bedank het, vereis dat Danie van sy pos onthef moet word, maar die Raad onder leiding van myself as NRU President, het by Danie gestaan en hom ondersteun as afrigter tot en met die Wêreldbeker.

 

Ek het sedert my verkiesing as NRU President nog net ‘n positiewe stryd probeer stry. Dit gesê, glo ek dat dit ook ‘n rol gespeel het in die duidelike ommeswaai in Namibiese rugby met betrekking tot borge en toeskouers wat weer rugby begin ondersteun het. Ek is definitief nie van plan om nou, 82 dae voor Wêreldbeker, negatief te raak en modder rond te slinger nie. 

 

Ek gaan ook nie nou, soos Mnr Henning Snyman (jnr) tereg uitwys, die Titanic verlaat en oorboord spring nie, want ek besef die spelers het nou meer as ooit ondersteuning nodig. 

 

Ja, ek het my foute en tekortkominge, en is soms te eerlik en reguit met my opinies en kritiek. Dus, as ‘n mens dit soos Danie wil noem, dit aanvaar, het ek hom seker vergil soos ‘n “skoolseun”. Wat Danie egter nie noem nie, is dat hierdie uittrap sessie, geplaas in konteks, gekom het nadat lede van sy eie afrigtingspan en bestuur, hul ongelukkigheid teenoor my uitgespreek het oor die wyse waarop Danie besluite neem sonder konsultasie of insette van hulle kant af. Dit sou nie die eerste keer wees wat hierdie ongelukkigheid onder Danie se afrigterspan geheers het nie. 

 

Die slotsom van hierdie uittrap sessie was ‘n versoek dat hulle meer as ‘n eenheid moet funksioneer, want ‘n verdeeldheid onder die afrigtingspan kan maklik lei tot verdeeldheid onder spelers. Die terugvoering, etlike weke na hierdie voorval, was dat die afrigtingspan baie meer doeltreffend en as ‘n eenheid funksioneer. 

 

Hierdie “uittrap sessie” het plaasgevind op 1 Augustus 2014. Danie laat blyk dit dat Walter Don as gevolg hiervan bedank het. Mnr Don het egter sy bedanking in September 2014 ingedien met werksverpligtinge as die enigste rede aangevoer en nadat hy dit ook so met my bespreek het. 

 

Danie vertel verder dat ek hom voor Raadslede meegedeel het dat ek hom nie meer vertrou as hoofafrigter nie. ‘n Regstelling: Ek en Danie het ná die Raadsvergadering informeel gesels en ek het hom ingelig dat ons verhouding skade gely het as gevolg van sekere insidente wat uitspruit vanuit sy toerverslag. Ons het toe alreeds ooreengekom om hierdie verskille oor ‘n koppie koffie te bespreek en agterna het ons ook e-posse uitgeruil oor hierdie voorgenome afspraak. Mnr Vermeulen kan dus geensins aanspraak maak dat sy bedanking enigsins verband hou met my vertroue in sy vermoë as afrigter. 

 

Inteendeel, op ons onlangse toer na Tunisië was daar geen tekortkominge in ons verhouding met mekaar. Ek verwys egter weereens na die Raadsvergadering van 14 Mei 2015, waartydens sekere Raadslede aangedring het dat Mnr Vermeulen afgedank moet word en waartydens ek pertinent gestel het dat Mnr Vermeulen se aanstelling as afrigter tot en met Wêrelbeker sal bly. Ek vind dit egter vreemd dat in drie jaar as afrigter, dit die ergste aantygings is wat Mnr Vermeulen teenoor my kan opper. 

 

Na afloop van die November 2014 Europese toer van die nasionale span, was ‘n verslag aan die Raad voorgele met onder andere, aantygings van diskriminasie teen Danie Vermeulen. Die Raad het toe ‘n besluit geneem dat die aantygings nie genoegsame meriete bevat om ‘n verdere ondersoek to loods nie. Weereens ‘n bevestiging van die Raad se ondersteuning en vertroue in Mnr Danie Vermeulen.

 

‘n Verdere aanbeveling deur die Raad, was dat dr. Henning Gericke as spesialis sportsielkundige aangestel moet word om met spelers, bestuur, afrigters en die Raad insluitend te werk aan ‘n beter kultuur binne Namibiese rugby. Deel van dr. Gericke se taak sou wees om ons te help om druk om internasionale vlak tydens kompetisie beter te hanteer.

 

Ek kan begryp dat Danie frustreerd en emosioneel moet wees oor die verlies van sy rolstoel. Ek het met my aankoms in Tunisië ook my bagasie verloor en was ongelukkig daaroor. Hoewel die twee onvergelykbaar is, was ek op n stadium persoonlik in gesprek met die skakelbeampte van Tunisië en so ook Danie van Solms die spanbestuurder om seker te maak ons kan n tydelike rolstoel kry.

 

Op daardie stadium was die enigtse stoel die standaard lughawe rolstoele wat ons kon leen en die volgende dag moes terug besorg. Om te sê dit was gesteel klink bietjie oordrewe. Die Unie het toe reeds goedkeuring verleen aan die spanbestuurder om n beter rolstoel te huur totdat n nuwe rolstoel verskaf kon word. 

 

By die Raadsvergadering van 24 Junie 2015 en ook nadat Danie se bedanking alreeds voorgelê en eenparig aanvaar was, en die Raad ingelig was rondom die vervangingskoste van n nuwe rolstoel, het die Raad steeds ‘n bedrag van N$19 000-00 as ‘n ex gratia betaling goedgekeur. Die versekering sou ook N$60 000 bydrae. Wat Danie nie noem nie is dat hy N$30 000 vanaf die versekering asook die ex gratia betaling van N$19 000 van die hand gewys het per e-pos. 

 

Net stof tot nadenke, was die versekering van Danie se rolstoel (wat nie die Unie se eiendom is nie) die Unie se verantwoordelikheid? Moet ons versekering uitneem vir elke speler se unieke en persoonlike items, kameras, skootrekenaars, selfone?

 

Nou wil ek graag ook deel met die algemene lesers kritiek soos uiteengesit op Republikein se facebook bladsy: As ‘n Raad erken ons dat ons geensins perfek is nie en dat ons graag aan tekortkominge wil werk. Dit dien egter geen doel om doellose stellings te antwoord wat op geen feite gegrond is nie. Tot op hede het geen Raadslede vergoeding ontvang vir ure se NRU pligte nie – almal doen dit pro bono en op ‘n vrywillige basis. 

Die NRU het vir die eerste keer in meer as 20 jaar ‘n skoon Auditeurs verslag (sonder enige kwalifikasies) ontvang vir 2013 asook 2014. 

 

Raadslede neem beleidsbesluite en die kantoor dien as die uitvoerende liggaam vir alle besluite. Dus, Raadslede is en sal nooit in posisies wees om, soos Mnr Delmund Louw beskuldig, geld te steel. 

 

Ons finansiële state lê oop vir inspeksie by die NRU se kantore vir enige persoon wie daarna sal wil kyk.

 

Tweedens, vir die eerste keer in 15 jaar, gaan geen Raadslid saam na die Wêreldbeker op die NRU se koste nie. Dus is daar geen “sous trein” en/of “betaalde vakansies” soos waarna melding gemaak word deur ene Mnr Philip Swemmer. Indien sommige Raadslede soos Mnr Ernst Kohne dit stel, soos ‘n bietjie “vet gevrete h^%&^^& kinners” lyk, is dit hulle persoonlike omstandighede wat dit toelaat en nie die NRU se rekening nie.

 

Dêrdens, die NRU Raad bestaan tans uit die volgende individue: Myself (Bradley Basson), Mnr Danie Strauss (visepresident), Mnr Jacky Husselman, Mnr Hans Hashagen, Mnr Tommy Mbeeli, Adv. Louis Botes, Mnr Randall Louw en Mnr Corne Powell. Waar plaas ons nou hierdie individue? Onder “wit” of onder “hulle”, of onder “bruin mense wat hulle mag so misbruik” soos ‘n ene Mnr Marius Muis Fleermuys dit noem, of is daar dalk ‘n meer toepaslike benaming vir elkeen van hierdie individue? Wat van almal net bloot Namibiërs? 

 

En gaan in my plig versuim as ek nie met kritici soos Mnr Johan Stander handel nie: Wel, Mnr Stander, miskien is jy reg. Tog net miskien is Bradley Basson ‘n …… soos jy dit stel. Miskien was ek naïef en dwaas toe ek my bereid verklaar het vir NRU Presidentskap. Miskien was ek dwaas om te dink ek kan ‘n verandering maak. Miskien was ek dwaas toe ek gedink het dat ons land al gegroei het en dat ons nie meer hoef te vewys na “wit” en “hulle” nie. Ja in jou oë is ek seker deel van “hulle”. Hoe siek moet ons werklik wees om so vêr vasgevang te wees in die verlede?

 

Terloops Mnr Stander, ek hoop van harte nie dat jy kinders het wat blootstelling het aan internet en jou tipe komentaar op hierdie medium nie. Op die ander hand, ek het ‘n pragtige 10 jarige dogtertjie wat by Windhoek Gymnasium skool gaan. Sy is een van die “hulle” waarna jy verwys. Miskien bring sy eendag van jou seuns of kleinseuns huistoe. Sjoe, sal ons dan nie lekker saamkuier en praat oor Namibiese rugby nie. Dit is ongelukkig die realiteite van ons daaglikse lewe dat as ons opvoeders ons nie reg help nie, ons nooit sal groei tot trotse Namibiërs nie. 

 

Want as ek saam met die nasionale span toer, en ek kry ‘n knop in my keel as die nasionale lied gespeel word, dan sien ek nie wit of “hulle” nie, en besef ook dat die internasionale gemeenskap ook nie so na ons kyk nie, maar na ons almal verwys bloot as Namibiërs, en niks meer of minder nie. Waar begin ons om hierdie prentjie plaaslik te laat verwenselik?

 

Ter slotsom, wil ek graag vir Mnr Danie Vermeulen bedank vir sy bydrae tot Namibiese rugby. Ons weet soms nie wat in andere se gemoed aangaan nie en word dikwels geskok as dinge ontplof, maar ons wil jou die versekering gee dat baie mense jou opofferinge raakgesien het en dankbaar is daarvoor. 

 

Die Raad en NRU wil ook aan al die spelers die versekering gee dat ons Wêrelbeker beplanning geensins negatief ontwrig sal word nie en dat ons sal aanhou om die beste hulpbronne aan julle beskikbaar te stel. Ons doelwit was en bly om ‘n blywende merk op die internasionale rugby arena te maak…

 

Sources: Die Republikein, The Namibian, New Era

ADVERTISEMENT

Join free

Has Beauden Barrett Just Secured His World Cup Place? | Aotearoa Rugby Pod | Episode 36

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment