Get Newsletter

Bok oefengroep 'n klug!

Ja, dit is goed om te sien al de streekspanne werk saam met Heyneke Meyer en sy Springbok-bestuur met die oog op die Wêreldbekerreeks.

Maar wat probeer Meneer Meyer regtig bereik met sy twee beoogde oefengroepe?

Die groepe sluit die Haaie en/of die Bulle uit oor hul dan op hul toer 'doer onder' sal wees.

Tog sluit die groepe 44 spelers in. Daar is vyf streekspanne in die Republiek dus 75 spelers as 'n mens die begin XV-talle in ag neem. Sonder die Haaie en/of Bulle, beteken dit dat daar dus 60 beginspelers in aggeneem word. Moet ook nie vergeet van die 'geldwolf' Bokke wat oorsee is, wat al lankal deel van Meneer Meyer se plan is nie.

Die vraag is dus waarom so baie spelers uitnooi?

1: Om dalk almal laat voel hul het nog steeds 'n kans? Eisj. as hul dit glo glo hul seker ook aan Kersvader.

2: Om genoeg anders-kleuriges as oeverblindery in te sluit en vir eers die politiek druk te vermy? Ek hoop regtig nie so nie want daar is baie wat dit op meriete behoort te maak.

'n Paar inslutings is verblydend.

Bok oefengroep 'n klug!Steven Kitshoff is tans die beste loskop in die land. Sy werkverriting is puik en 'Vlam' is aan die brand in die oond. Cheslin Kolbe kan 'n puik opsie wees teen die 'minnows' en ditto vir Jesse Kriel; terwyl Jacques du Plessis en Michael Rhodes se spelpeil en veelsydigheid (alhoewel hul veelsydigheid as slot op Supevlak goed genoeg is, is hul beslis nie toetsslot opsies nie) hul belonging is. Maar gaan hul regtig die Wereldbeker groep haal? Heinrich Brussow het sy ondersteuners; Aussieboer dink hy is baie oorskatte speler. Ja. sy ondersteuners sal jou vertel hoe goed hy in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus was, maar vergeet dat die Leeus in die eerste twee toetse nie 'n baljagter ingespan het nie. In die derde toets het hul wel en Brussow was nerens.

Hierdie oorgrote groepe is dus geldmors en SARU kon eerder daai kostes vir verdere ontwikkelings-projekte begroot het.

Kom ons wees realisties oor 'n paar posisies.

Vleuels: Bryan Habana. Cornal Hendricks, JP Pietersen, Bjornn Basson en Francois Hougaard (as veelsydige speler) sal bo Kobus van Wyk gekies word. Aussieboer ag van Wyk as goed genoeg vir die Bokke maar 'n witvleuel gaan nie sommer gekies word nie.

Senters: Jean de Villiers (indien fiks), Damian de Allende, Jan Serfontein met JP Pietersen en selfs Zane Kirchner as Meneer Meyer se ander opsies, waarom Lionel Mapoe, Francois Venter ook uitnooi terwyl Juan de Jongh 'n sentermaat van beide de Villiers en De Allende vorm het?

Losskakels: Pat Lambie en Handre Pollard is die beste. Morne Steyn, Johan Goosen en Elton Jantjies is al Bokke, waarom dan Demetri Catrakillis nooi en waarom nie Joe Petersen dan nie?

Bok oefengroep 'n klug!Skrumskakels: Fourie du Preez is nommer een – met Ruan Pienaar, omdat hy die Noorde se toestande ken, sal gekies word. Francois Hougaard gaan moontlik, en dit is jammer, vir Cobus Reainach uithou? Waarom is Rudy Paige, Faf de Klerk en Nic Groom genooi? Sekerlik behoor Jano Vermaak in 'n besringskrisis gekies word voor laasgenoemdes. Dank Vader Meneer Meyer het vergeet van Louis Schreuder.

Losvoorspelers: Duane Vermeulen kies homself en moet ook die Bokke lei in die Junie toetse. Pierre Spies sal moet baklei teen Schalk Burger, want laasgenoemde sal gekies word op vorm en oor sy veelsydigheid. Francois Louw en Willem Alberts is Meneer Meyer se gewildste keuses. Of Siya Kolisi, of Nizaam Carr of Oupa Mohoje sal gaan. Al drie is alreeds Bokke. Arno Botha en Warren Whiteley is ook Bokke en goeie opsies, nou waarom Jean Deysel, Ryan Kankowski, Pieter Labuschagne, Brussow en Rhodes? PS: Is Jacques Potgieter nog deel van die prentjie?

Hakers: Bismarck du Plessis en Adriaan Strauss sal gaan. Schalk Brits is dus in die weegskaal as derde haker. Scarra Ntubeni, Robbie Coetzee en Bongi Mbonambi is almal genooi? Kies hou beste twee terugval opsies, nie almal nie. Het Meneer Meyer dus nou erken Callie Visagie was 'n fout?

Frans Steyn se uitsluiting is reg, hy is die bederfde brokkie van SA Rugby, ala James O'Connor vir die Aussies. Meneer Meyer het Jaco Taute, as buitesenter, uit posisie uit gekies. As ander beseerdes genooi is, beteken dit die veelsydige Taute is ou nuus?

Die grootste onverklaarbare keuse is Dean Greyling! Regtig Meneer Meyer? Oops, dit is heelmaklik  veklaarbaar; hy is mos 'n Bul!

AussieBoer (Kevin D)

@rugby365com

Bok oefengroep 'n klug!

ADVERTISEMENT

Join free

HSBC Sevens Challenger - Munich - Day 1

HSBC Sevens Challenger - Krakow - Day 1

Allianz Premiership Women's Rugby 2023/24 | Round 15 Highlights

Australia v Canada | Pacific Four Series 2024 | Full Match Replay

New Zealand v USA | Pacific Four Series 2024 | Full Match Replay

Pieter-Steph du Toit, The Malmesbury Missile, in conversation with Big Jim

The Antoine Dupont Interview

Fresh Starts | Episode 3 | Cobus Reinach

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

Write A Comment