Get Newsletter

Hempies antwoord Aussieboer

Pieter Gerhardus du Toit … wie? Hempies du Toit was volgens die uwe nie net die Bokke se laaste werklike 'anker' die laaste paar dekades nie, maar ook die beste vaskop ooit in die Groen en Goud.

Vir menigte afrigters is die vaskop die belangrikste of naas belangrikste posisie.

Aussieboer glo na die skakelpaar, is 'n vaskop wat kan domineer, uiters belganrik, veral om die regterskouer-skrum op aanval te bewerkstelling. So jammer bittermin spanne gebruik die klassieke 8-9-14 steelkant opsie vandag.

Jannie du Plessis is die afgelope jare nou al die Bokke se 'anker' (op No.3), maar hy het ook tereg sy kritisie. Dok Jannie het nog nie werklik gedomineer nie en sy duikslae is ook swak as gevolg van power tegniek (sluit nie sy arms nie).

In die moderna era was wyle Tommy Laubscher vir my die enigste ware dominerende vaskop in die Boktrui gewees. Dit bly nou al vir jare 'n swak skakel in die Bokopset.

Aussieboer het onlangs met Hempies gaan rugby gesels en wyngeproe op sy plaas Annadale (tussen Somerset Wes en Stellenbosch).

Gebore op Villiersdorp en was op Paul Roos op skool. Hempies het in die isolasie jare in 5 toetse uitgedraf en was beseer toe die NZ Kavaliers in 1986 hier kom speel het.

Hempies het duidelik 'n passie vir rugby en wyn!

Vrae en antwoorde:

Vraag: Waar kom die naam Hempies vandaan?

Antwoord: Omdat my hemp gereeld uitgehang het as tjokker het ons bure se seun my dit begin noem het. Kyk, ek was 'n rakker en in Std 7 alreeds van die matrieks 'uitgedaag' op die skoolbus. Ook 'n klap of twee gekry van hul.

V: Watter posisies het jy gespeel?

A: Meestal vasskop. Was in 0.13 in twee wedstryde No.8 en ons het albei gewen.

V: 1981 NZ toer – in retrospek, met al die betogers, onderonsies en ontwrigting, sou jy die toer meegemaak het as jy dit in dieselfde omstandigehede weer moes doen?

A: Ja, beslis. NZ was wel verdeeld, maar ons was rugbyspelers wat ons wou toets teen die bestes; ons was nie politikuste nie.

Hempies antwoord AussieboerV: In die eerste toets in Christchurch was daar vier groentjies in die pak. Jy, Henning van Aswegen, Eben Jansen en Hennie Beker. Het dit bygdra tot die 9-14 verloor?

A: Nee, geensins nie. Ek dink ons het besonders goed gedoen. Die feit dat die Bok-toerkaptein, Wynand Claassen, nie die toetsspan gehaal het nie en Theuns Stofberg kaptein was, was meer ontwrigtende.

V: Jy en Rob Louw was 'gedrop' na daai toets oor dissiplinere redes. Is die gerugte waar?

A: Ja, ek voel nogsteeds teleurgesteld. Ek voel dat ek 'n baie goeie toets gehad het en my spelpyl goed was. Ek en Rob het na die toets saam met die All Blacks gaan kuier. Ongelukkig het die betogers weer 'toegeslaan' en met die 'roll call' het hul agter gekom dat ek en Rob nie daar was nie.

V: Was Colin Beck se skepdoel, wat die Bokke toe laat gelykop speel het, teen die Maoris op daai toer oor?

A: Nee. Colin het dit later ook bevestig.

V: Beste Loskop spanmaat?

A: Henning van Aswegen

V: Beste haker spanmaat?

A: Robert Cockrell was goed, maar Shaun Povey. Povey was 'n baie onderskatte skrumwerker. Ons het gewoonlik 'n 'call' gehad, 'kleinkoppie'. Dan sou ek en Povey albei in-skrum op die haker. Ek het so ook al in 'n proefwedstryd teen Boland, my pel se ribbes gebreek!

V: Beste Bokvaskop volgens jou?

A: Jaap Bekker was my hero.

Hempies antwoord AussieboerV: Beste teenstander ooit?

A: Billy Bush van Nieu-Seeland was 'n meneer, maar ek kan nie die ou se naam onthou nie maar in 'n WP wedstryd teen London Irish het hul so maergat gehad. Die ou was net vel en been en dit was moeilik om vasvat plek op hom te kry. Hy was 'n handvol. Paul Koteka van die NZ Maoris was ook goed.

V: Beste rugby oomblik?

A: Opdraf in my eerste toets.

V: Snaakste oomblik op die veld?

A: In my eerste wedstryd teen die Bulle op Loftus, kry ek 'n geelkaart vir 'n lynstaan oortreding. In daai dae moes jy agter die opponente se pale gaan staan. Die Bulle ondersteuners gooi my toe met naartjies. Ek besluit toe om dit op te tel en te  eet, en na ek die derde een geeet het besef hul toe om nie meer te gooi nie.

V: Beste kaptein onder wie jy gespeel het?

A: Morne du Plessis. Hy was 'solid' en jy het nooit in hom getwyfel nie. As hy kaptein was vir die 1981 toer kon die Bokke die reeks gewen het.

V: Wat dink jy van die huidige skrumreels en die Bokvoorry?

A: Die reels is heeltemal te tegnies. Ons 'kleinkoppie' sou vandag dus gestraf gewees het vir inskrum op die haker. Nee wat, die Bokvoorry vandag .… ek wens ek kon teen hul skrum. Die Bokvoorrye en sommer die hele pak bind te los en hul koppe is nie opgetel nie. Ek sou graag Akker van der Merwe as deel van daai opset wou sien.

V: Hoevoel jy oor die ouermanne in die huidige Bokspan?

A: Daar is te veel van hul. Jean de Villiers (is goeie ou en speler maar sy besering is te ernstig nou) Victor Matfield en Fourie du Preez almal te oud.

V: Hoe voel jy dat oorsese spelers vir die Bokke gekies word?

A: Dit is hartseer dat hul weggaan, maar die Rand moet meeding en kan nie. Ek is 'n ou wat glo aan lojalitiet en sou spelers in Suid Afrika verkies het. Dalk moet daar 'n kwota wees op hoeveel oorsese spelers gekies mag word?

V: Wat dink jy van die Bokke se huidige wedstrydpatroon?

A: Nee, help my…. of eerder help hul!

V: Dok Craven?

A: Dit het nooit vir Dok oor Dok gegaan nie, maar altyd oor rugby!

V: Wat is op jou 'Bukcket list'?

A: Nee, ek is baie dankbaar en het alles bereik. Dalk goeie gesondheid vorentoe.

V: Wat moet eendag op jou grafsteen staan?

A: Dankie

Aussieboer (Kevin D)

* Wie is die Bokke se best No.3 ooit?

Best Bok no. 3 ever?

Colin Beck se skepskop

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment