Tyd om te eksperimenteer

Heyneke Meyer het sy kaarte geskommel en sy hand is gedeel vir die komende Rugby Kampioenskap, voordat die finale 31 uitverkorenes na die Wêreldbekertoernooi sal vertrek in September.

Met al die beserings en onsekerheid oor sommige kandidate is dit 'n redelik goeie groep.

Maar soos AussieBoer al van te vore genoem het was die oorgrote oefenkampe laas-maand geld mors.

Arme spelers soos Nic Groom, Demetri Catrakilis, Michael Rhodes, Jaco Kriel ens moes maar net gaan duik-sakke vashou.

'Goue' kaarte van Meyer: Geen Pierre Spies! Hoera! Jesse Kriel verdien om betrek te word terwyl Vincent Koch en Steven Kitshoff saam met Frans Malherbe die toekoms van die Bok-oond gaan wees.

Groen kolle: Francois Hougaard se diens na sy regterkant is nie goed genoeg nie, maar is hy slegter as Francois de Klerk en Rudy Paige?

Waarom is Jano Vermaak nie betrek nie, nou dat Fourie du Preez en Cobus Reinach beseer is?

Met al die senters beseer, hoekom net Damian de Allende kies.

Kyk, AussieBoer dink nie JJ Engelbrecht hoort daar nie en Juan de Jong se blapse in die laaste paar Super Rugby wedstryde het sy aandele laat daal, maar hul kon gerus nou geleentheid gegee word – of beteken dit JP Pietersen gaan die No.13 trui dra met Jean de Villiers, Lionel Mapoe, Jacques Fourie, Frans Steyn en Jan Serfontein almal beseer?

Meyer verkies om elke Toets met sy beste XV te begin en ek stem saam daarmee, maar hierdie Kampioenskap beteken werklik niks nie.

Daarom moet hy nuwe spelers nou Toets-ondervinding gee. Gaan hy ook soos Jake White met 'n afgewaterde groep toer?

AussieBoer (Kevin D)

@rugby365com

Hier is my spanne teen die Poemas en Wallabies/All Blacks (kies slegs uit groep en spelers wat nie beseer is nie):

Tyd om te eksperimenteerTyd om te eksperimenteer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Indien almal in die groep beskikbaar was sou my span so gelyk het (ongelukkig is dit nie polities aanvaarbaar nie):

Tyd om te eksperimenteerTyd om te eksperimenteer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | November 4th | Ugo Monye Has a Ball on KOKO After England’s Big Win Over the Wallabies

Tests of Time: Ireland vs New Zealand - The absolute PEAK of sports history?

Embracing disability and sexuality | Lauren Rowles | Rugby Rising Locker Room | Season 3

Bohemia Rugby Warriors v Brussels Devils | Rugby Europe Super Cup 2025/26 | Full Match Replay

Lusitanos v Delta | Rugby Europe Super Cup 2025/26 | Full Match Replay

All 294 Tries in One EPIC Video | Every Rugby World Cup 2025 Try

Every England Try | Rugby World Cup 2025

Every Braxton Sorensen-McGee Try! Rugby World Cup 2025 Top Try Scorer

Write A Comment

Close

We've updated our Privacy Statement so you have more clarity and details regarding how and why we process your personal data.

We've also updated our Terms of Use. By continuing to use this website, you are accepting the updated Statement and Terms.