Get Newsletter

Bok donker wolk het dik silwer rand

Sinici met hul geelsugtige uitkyk op die lewe sal vir jou sê dat Suid-Afrikaanse rugby onder 'n donker wolk, in diep modderpoel van middelmatigheid voortploeter.

Ek dink egter hierdie kortsigtige misantrope en pessimiste verlustig hulle te veel daarin om die silwer rand rondom die krimpende donker wolk mis te kyk.

* For the English version, CLICK HERE!

Ja, die Bokke het wel die laaste twee wedstryde verloor en die vorige twee Toetse was nou ook nie iets om oor huistoe te skryf nie. Maar die jaar 2014 is gewis nie die misoes of ramp wat so baie wil voorgee nie.

Eerstens, ek glo vas dat die Bok afrigter, Heyneke Meyer, op sy besonderse en unieke wyse besig is om 'n baie goeie span te bou – veral met die oog op aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland.

Miskien stem jy nie saam met al sy keuses nie – jy haat dalk Victor Matfield (en daar is baie haters daar buite), of jy dink Patrick Lambie is beter as Handré Pollard.

Jy is seer sekerlik geregtig op jou mening, maar jy rig immers nie die Bok span af nie. Daardie voorreg – en die gepaardgaande verantwoordelikheid – behoort aan Meyer.

Ja, jy mag jou mening lig en jy mag jou emosionele uitlatings maak. Maar dit beteken nie ek (of Meyer) hoef sulke uitbarstings as die alfa en omega van die sport te beaam nie.

Soos ek reeds gesê het, ek glo vas dat die Bokke op die regte pad is en dat hulle gewis 'n uitstekende kans het om aanstaande jaar die eerste span te word wat die gesogte Webb Ellis-beker vir 'n derde keer te verower.

Tweedens, die ander interessante aspek wat baie mense miskyk is hoe gereeld spanne wat die Wêreldbeker wen die vorige jaar 'n nagmerrie seisoen beleef het.

Nieu-Seeland, die eerste wenner van die globale vertoonvenster van die sport gewen het in 1987, kon die vorige jaar slegs vier van hul 10 Toetse wen. Dit sluit natuurlik die nie-amptelike reeks deur die NZ Kavaliers teen die Bokke in. Daardie Kavaliers was die All Blacks in alles behalwe die naam. Net twee spelers – die vleuel John Kirwan en skrumskakel David Kirk – het nie saam met die NZ Kavaliers getoer nie.

Die 1991 wenners, Australië, het in 1990 nie veel beter gevaar nie – net vier van hul sewe toetse gewen, maar die daaropvolgende jaar nege uit 10 oorwinnings behaal.

In 1995 het Suid-Afrika hul toetrede tot die Wêreldbekertoernooi gemaak en dit met die eerste probeerslag verower. Maar 1994 was allermins 'n suksesvolle veldtog – net vyf oorwinnings in nege Toetse.

Die Wallabies, wat die eerste span geword het wat 'n tweede Wêreldbeker-titel kon verower, het in 1998 en 1999 die die tendens verander – deur 11 oorwinnings in 13 Toetse te behaal. Vier jaar later het Engeland (die enigste span van Noordelike-halfrond wat die titel al gewen het) 'n soortgelyke tendens vertoon – agt uit nege (2002) en 16 uit 17 (2003).

Teen 2007 was dit terug na die 'suur voor die soet', toe Suid-Afrika vyf uit 12 Toetse (in 2006) gewen het, voor hulle die volgende jaar die tweede span geword het wat die Webb Ellis-trofee kon verower.

In 2011 het Nieu-Seeland hulself by die twee-titel klub aangesluit – 13 oorwinnings in 14 Toetse (2010) en 10 uit 12 (2011).

Vir my, selfs sonder dié beduidende statistiek, staan een ding soos 'n paal bo water – jy het nie nodig om almal te oorrompel die jaar voor 'n Wêreldbekertoernooi nie.

Ja, natuurlik wil jy dalk elke Toets wen, maar onthou gerus hoeveel keer die Kiwis jaar-na-jaar oorheers het, net om in die Wêreldbekertoernooi op die spreekwoordelike piesangskil te gly. Dit het 'n paar afrigters hul poste gekos, een wat tans klub rugby in Suid-Afrika afrig.

Net vir die wis en onwis, Suid-Afrika het vanjaar reeds agt Toetse gespeel en ses gewen ('n 75 persent suksessyfer).

Hier is 'n oorsig van spanne se vertoning die jaar voor 'n Wêreldbekertoernooi in vergeleke met die jaar van 'n Wêreldbekertoernooi!

1987 – Nieu-Seeland:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 10: Gewen = vier (40 persent); tuis-oorwinnings = twee (50 persent); nederlae = ses (60 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = sewe: Gewen = sewe (100 persent); tuis-oorwinnings = vyf (100 persent); nederlae = geen

1991 – Australië:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = sewe; gewen = vier (57 persent); tuis-oorwinnings = drie (75 persent); nederlae = drie (43 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 10; gewen = nege (90 persent); tuis-oorwinnings = drie (100 persent); nederlae = een (10 persent)

1995 – Suid-Afrika:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = nege; gewen = vyf (56 persent); tuis-oorwinnings = drie (75 persent); nederlae = drie (33 persent); gelykopuitslag = een (11 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 10; gewen = 10 (100 persent); tuis-oorwinnings = agt (100 persent); nederlae = geen

1999 – Australië:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 13; gewen = 11 (85 persent); tuis-oorwinnings = agt (89 persent); nederlae = twee (15 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 13; gewen = 11 (85 persent); tuis-oorwinnings = vyf (100 persent); nederlae = twee (15 persent)

2003 – Engeland:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = nege; gewen = agt (89 persent); tuis-oorwinnings = vyf (100 persent); nederlae = een (11 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 17; gewen = 16 (94 persent); tuis-oorwinnings = vier (100 persent); nederlae = een (ses persent)

2007 – Suid-Afrika:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 12; gewen = vyf (42 persent); tuis-oorwinnings = vier (67 persent); nederlae = sewe (58 persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 17; gewen = 14 (82 persent); tuis-oorwinnings = vyf (83 persent); nederlae = drie (18 persent)

2011 – Nieu-Seeland:

Jaar voor die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 14; gewen = 13 (93 persent); tuis-oorwinnings = ses (100 persent); nederlae = een (sewe persent)

Jaar van die Wêreldbekertoernooi: Gespeel = 12; gewen = 10 (83 persent); tuis-oorwinnings = 10 (100 persent); nederlae = twee (17 persent)

Deur Jan de Koning

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment