Get Newsletter

Drie breiers in ons kollig

Suid-Afrika se huidige Springbok afrigter, Heyneke Meyer, word soms ongenadiglik brutaal gekritiseer, veral deur onkundige rusbank-kenners.

Die vraag wat met tereg gevra kan word is: Hoe vergelyk hy met Suid-Afrika se mees suksesvolle breiers?

* For the English version of this column, CLICK HERE!

Vir dié doelwit het ek besluit om twee voormalige afrigters – die Wêreldbeker-wenner Jake White en Nick Mallett, wat tans die mede-houer van die rekord vir mees agtereenvolgende Toets-oorwinnings is – nader te trek en met Meyer se eerste twee jaar te vergelyk.

Die koue statistiek sal vir ons net 'n gedeelte van die verhaal vertel, maar dit is gewis belangrik dat ons dit in ag neem – of minstens as 'n beginpunt gebruik.

Meyer was tot dusver in 27 Toetse die Bokke se breier. Hy was 20 keer aan die wenkant, wat aan hom 'n wen-persentasie van 74 besorg. Op tuisvlak het hy 80 persent van sy wedstryde gewen en weg van die huis af byna 67 persent. Dit is sy eerste twee jaar in 'n neutedop.

Nou kom ons verlyk dit met menere White en Mallett.

White het in sy vier jaar in beheer 54 Toetse op sy kerfstok gehad – vir 36 oorwinnings (byna 67 persent), met 19 uit 23 oorwinnings op tuis-bodem (sowat 83 persent). Mallett het in net meer as drie jaar, voor hy onregmatiglik afgedank is, in 38 Toetse afgerig – 27 oorwinnings (71 persent) en 12 uit 15 op tuis-bodem gewen (ook 80 persent).

Kan ons iets hieruit wysraak? Miskien, maar ek voel ons moet dieper delf.

Ons weet dat Meyer in vier probeerslae nog nie daarin kon slaag om Nieu-Seeland te klop nie. White kon in nege Toetse die All Blacks net driekeer wen, al drie op tuis-bodem. Mallett se wen-persentasie is die enigste van dié drie wat bo 50 is – vier oorwinnings in sewe kragmetings, maar net een in Nieu-Seeland, een op 'n neutrale veld (Cardiff in 1999) en twee op tuis-bodem.

En steeds is daar nog so baie wat onder die bros kors van die harde statistiek verskuil lê.

Meyer het in 13 Toetse met die Suidelike Halfrond se grotes kop-gestamp – waarvan hy sewe gewen het (54 persent) en op tuis-bodem vyf uit sewe gewen het (71 persent). Teen die Noordelike Halfrond is Meyer nog onoorwonne. Ja, in 14 Toetse het hy 13 oorwinnings en een gelykopuitslag.

White spog met 19 oorwinnings in 30 Toetse teen die Suidelike Halfrond (63 persent) en op tuis-bodem het hy 11 uit 13 teen hulle gewen (byna 85 persent). Teen die Noordelike Halfrond is White se rekord 17 oorwinnings in 24 Toetse (71 persent) en agt uit 10 op tuis-bodem (80 persent).

Mallett se rekord teen die Suidelike Halfrond se grotes is, ten spyte van sy vier oorwinnings oor Nieu-Seeland, maar 'n powere 50 persent – agt uit 16 kragmetings. Op tuisbodem kon hy net vier uit ses kragmetings wen (67 persent). Dit het waarskynlik te doen met sy sukkel-vertonings teen Australië. Teen die Noordelike Halfrond was Mallett 19 keer in 22 probeerslae aan die wenkant (86 persent), en agt uit nege keer op tuis-bodem (89 persent).

Ek wil nog dieper delf, want Meyer word veral geroskam oor sy sogenaamde 'skop-en-jaag' styl en sy span se onvermoeë om drieë te druk.

Wel, in 27 Toetse het Meyer se spanne 773 punte aangeteken teenoor die 448 wat hulle afgestaan het (dit is 'n gemiddelde wedstryd telling van 29-17). Daarby het hulle 87 drieë gedruk en 39 afgestaan (drie drieë teen een).

White se spanne het in sy 54 Toetse 1740 punte aangeteken en 1097 afgestaan (32-20), 194 drieë gedruk en 110 afgestaan (vier drieë teen twee). Mallett se 38 Toetse het 1251 punte opgelewer, 678 afgestaan (33-18), 152 drieë vir sy spanne en 49 drieë mteen hulle (vier drieë teen een).

Meyer se grootste oorwinnings was die 73-13 vermorseling van Argentinië verlede jaar en daar was ook die 55-6 afranseling van Skotland in Junie. Sy beste oorwinning teen 'n groot kokkedoor was die 38-12 oorwinning oor Australië verlede jaar. Sy grootste nederlaag was die 16-32 loesing in sy eerste Toets teen Nieu-Seeland in Soweto in 2012.

White het Engeland in 2007 met 58-10 in Bloemfontein geklop vir sy grootste oorwinning oor 'n eersteklas Toetspan, hoewel daar 'n 64-15 oorwinning oor Amerika en 'n 105-13 wen oor Namibië is. Ons weet almal van die 0-49 nederlaag teen Australië in Brisbane, wat vir altyd as die grootste klad op sy naam sal bly staan.

Mallett kan spog met die grootste weg-oorwinning – 52-10 oor Frankryk in Parys in 1997, wat sy beste vertoning van alle tye was. Daar is natuurlik die berugte 0-28 nederlaag teen Nieu-Seeland in Dunedin in 1999, waar hy 'n paar spelers so sleg in die openbaar geroskam het dat hy hulle loopbane verwoes het.

So wat gemaak met al die inligting?

Vir my staan een ding soos 'n paal bo water uit.

Elke afrigter het sy sterk- en swak eienskappe. Meyer is nie so vrot soos sommige 'kenners' wil voorgee nie. Hy vergelyk baie goed met beide White en Mallett.

Inteendeel, daar is a merkbare opwaartse kurwe in die Bokke se vertonings die afgelope 18 maande. In sy eerste jaar het Meyer se spanne met 'n gemiddeld 23-16 gewen en sleg twee drieë per wedstryd gedruk. Die afgelope 18 maande het daardie statistiek verbeter na 35-16 en vier drieë teen twee – wat hom gewis op 'n gelyke voet met Mallett plaas.

Deur Jan de Koning

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment