Get Newsletter

K-woord verby sy verval-datum

Ek het gedog die K-woord, kwota, sou darem nou al verdwyn het?

Ek gaan nie verskoning vra vir Apartheid nie, want ek het geen aandeel daaraan gehad nie. Ek kon nie stem nie!

Ek besef dit was absoluut verkeerd en alhoewel dit 'n wereldwye onreg was, moet alle Suid-Afrikaners nou besef dat 'kwotas' omgekeerde rassime is.

Daar was verskeie media berigte laasjaar dat SARU nou hul voet neergesit het en die SA skolespan moet minstens 50 percent anderskleuriges bevat. Fairdinkum, of moet ek eerder se, Eisj!

In 2002 was ek ook bevoorreg om deel van die WP se 0.16 Platteland span te wees (bestaande uit spelers van die Helderberg, Stellenbosch en Paarl). Dit was 'n great ervaring vir my, want die seuns was almal pelle.

Daar was nie 'n gevoel dat seker spelers slegs kwotas was nie, aangesien die meeste van hul vir Paul Roos/Gim/Landbou of Boishai se A-spanne uitgedraf het.

K-woord verby sy verval-datumDus hul was meriete spelers! (Wel dit is mos 'n anderse politieke storie daai op sye eie, dat die topskole voorkeur kry!)

Ek het aan almal verkondig dat as Jody Rose en Ashley Johnson nie eendag in die 'Groen en Goud' op meriete  uitdraf nie, is dit of drank, of vrouens of diskriminasie!

Hul was geen kwotas nie!

Ashley was 'n puik kaptein op en vanaf die veld!

Jody was 'Peter Kirsten/Naas Botha/Herschelle Giibs' in een! So jammer sy loopbaan het ontspoor!

Tog het ek gewonder oor ander witspelers wat nou rugby gaan vaarwel roep, veral wit vleuels, want baie Saffa afrigters 'kleur' mos spanne in op vleuel, want hul is te bang om talent te ontwikkel in ander posisies en voel dat op vleuel' kan hul wedstrydplanne bou waar die 'kwotas' die minste skade kan aan doen!

Dan moes daai 'kwotas' onmiddelik en konstant uitstaan of hul waai! Belaglik!

'Diskriminasie' was nog altyd daar as dit by teenwoordige spanne gekom het, self in die Apartheid era.

Vir wit spelers om die Cravenweek spanne te gemaak het moes jy 'eerder' in die topskole gewees het. Jy moes 'n uitsonderlike speler gewees het om daai spanne te gehaal het as jy bv in DF Malan, Tygerberg, Bellville HS ens gewees het.

As jy WP wou speel was Maties seker die pad, nes die pad in 2012 na die Bokke via die 'ligblou of pienktrui' was!

Spelers soos Div Visser, Wilfred Cupido, Avril Williams, William Cockrell, Pierre Oosthuizen, Cliff Etsebeth, Francois Botnhuys om maar 'n paar te noem, moes harder werk om ander Maties uit die WP span te hou!

K-woord verby sy verval-datumK-woord verby sy verval-datumEk kan onthou dat spelers van engelse skole het op Cravenweek proewe probeer uitstaan nie net met hul spel nie, maar ook bv om onpaar sokkies aan te trek! Was dit Rob Louw of Mark Burton-Moore….ai die geheue darem…

Die SA regering sal moet besef dat sport nie  meer amateur is nie. Dit is 'n beroep en meriete moet geld!

Burgers van enige land sal wenners verkies en hul as helde aanskou ongeag hul kleur! Dink jul die kiwis en aussies tel hoeveel wit spelers in hul spanne is?

Kwotas, nes regstellende aksie, het nou reeds sy 'vervaldatum' bereik!

Moet nie vandag se jong witmense straf oor die foute van hul voorouers nie!

Net so moet SA afrigters meer vertroue stel in anderskleuriges.

Ja, ek besef dat die gemiddelde wit Saffa langer en groter is as anderskleuriges en dit maak sin in baie posisies.

Tog….rugby gaan oor meer as grootte en krag! (lees my vorige blog)

Die probleem met kwotas veral op skole vlak is dat dit wanopvattings by 'kwota-spelers' kan laat!

Omdat hul op ouderdomsvlak-spanne kan meeding tref die harde werklikheid hul as hul by klubs ens gaan aansluit.

Dan is dit die beste wat tel en die SA Skole baadjie in jou kas sal aanvanklik help, maar daarna is jy op jou eie!

K-woord verby sy verval-datumK-woord verby sy verval-datumHet kwotas vir Siyabonga Ntubeni en Bongi Mbonambi  gehelp, of wanopvattings gelaat?

Sal jy hulle op meriete bo Schalk Brits in die Bokgroep insluit saam met Adriaan Strauss en Bismarck du Plessis?

Die feit is; dat as die SA Netbal, Bokke of Krieket spanne almal wit, bruin, swart of pienk is en hul is daar op meriete, dan maak soos John en Paul ons vertel het … 'Let it be!'

NS: Aussieboer het besluit siende dat die Krieket-wereldbekertoernooi in Australasië plaasvind sal hy dit onder die Aussies se aandag bring dat hy gatvol vir kwotas is.

Ek het toe met my Protea hemp en Springbok pet, gaan betoog!

Ongelukkig het bittermin Aussies dit verstaan en toe ek verduidelik, kon hul nie glo dat dit wel die geval is nie!

PS: Good luck AB and the boys!

AussieBoer (Kevin D)

@rugby365com

Should there be quotas in SA rugby?

    Wes-Kaap Streekakademie span   

K-woord verby sy verval-datum

ADVERTISEMENT

Join free

HSBC Sevens Challenger - Munich - Day 1

HSBC Sevens Challenger - Krakow - Day 1

Allianz Premiership Women's Rugby 2023/24 | Round 15 Highlights

Australia v Canada | Pacific Four Series 2024 | Full Match Replay

New Zealand v USA | Pacific Four Series 2024 | Full Match Replay

Pieter-Steph du Toit, The Malmesbury Missile, in conversation with Big Jim

The Antoine Dupont Interview

Fresh Starts | Episode 3 | Cobus Reinach

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

Write A Comment