Get Newsletter

Kantlyn kaf: Geld of Bok-kapteinskap?

Aussieboer, 'n gereelde rugby365 leser, verduidelik waarom hy meen Duane Vermeulen is tans die No.8 met die beste vorm op die planeet.

 

Duane Vermeulen was die afgelope naweek een van vyf name op die IRR (nou Wêreldrugby na 'n onlangse naamverandering) se 'Speler van die Jaar' lortlys.

Dit bevestig dat die Bokke se 'Thor' vanjaar 'n rapsie beter was as Kieran Read.

Nou dit opsigself is 'n goeie debat van wie die beste agsteman is. Kieran Read, beskou ek nogsteeds as 'n meer vaardige volmaakte agsteman as Vermeulen omdat hy meer giftiger aanvalspyle in sy koker het. Ja, ja dit is ook so dat die All Blacks hom meer in 'n aanvallende hoedanigheid aanwend in die totale-rugby wedstrydplan wat hul speel. Daarom sal Read op die regte tye meer op die vleuel wag en sodoende driee druk en/of skep.

Sergio Parisse, die Italianers se kaptein en talisman het dalk self 'n rapsie meer vaardighede as Read, maar sy verdediging is nie so doeltreffend soos Read of 'Thor' nie.

Die woelige Ier, Jamie Heaslip, het so bietjie agter geraak met bogenoemde ysters.

Vermeulen is nie jou klasieke agtsteman soos 'n Hennie Muller, Zinzan Brooke, Morne du Plessis, Rob Louw, Nick Mallet of 'n Mervyn Davies nie! Maar hy kan manne in hul spore stop en selfs in trurat sit waneer jy in sy kanaal die bal dra! 'Thor maak eina' as hy jou tackle! Sy ander uitstaande vaardigheid is om omgekeerde besit te bewerkstelling en vir 'n reus, is dit nie altyd maklik nie. Sy krag en tegniek is puik, beter as enige ander agsteman! En ja, hy is so taai so Ghandi se plakkies!

Vermeulen, het tans so ietwat van 'n tammeletjie. Daar was onlangs gerugte dat die Engelse klub Bath glo hard vry na SA se bestespeler van 2014! Verseker het Francois Louw, Bath se kaptein, iets hiermee te doen. Na beraming kan Vermeulen glo R7.8 miljoen per seisoen verdien indien hy na volgende jaar se 'heilige graal' by Bath sal aansluit! Bath het egter dit ontken!

Komaan, wees eerlik! Hy sal dom wees as hy dit nie doen nie! Jan Taks sal seker vining hande uitsteek maar 'n goeie rekenmeester sal verseker sorg dat Vermeulen genoeg geld sal kan spaar vir sy ou dag!

Tans onder SARU en Mnr Meyer se beleid, sal Vermeulen nog steeds in die 'groen en goud' kan uitdraf. Wie weet egter wat sal verander na 2015 se Wereldbeker? Sal SARU van besluit verander?

Die ander groot issue sal kan neerkom indien Vermeulen (soos deur baie beskou word) dalk 'n aanspraakmaker is, as die volgende Bokkaptein. Hy beskik oor die leierskap vermoe en bowendien hy is die beste in sy posisie. Maar gaan daar verkies word dat jou nasieleier eerder sy ambag in die Republiek moet bearbei? Aussieboer verkies dit so!

Adriaan Strauss sal dalk te oud wees met 'n langtermyn visie en ook omdat sy tweestyd met Bismarck du Plessis nog 'n John Smit-sage sal afgee. Francois Louw word hoog geag maar speel ook oorsee. Handre Pollard is 'n realistiese buiteperd!

Wat sal jy doen as jy so aanbod kry?

Moet die Bokkaptein sy rugby in SA speel?

Wie sal jou Bokkaptein wees na 2015?

Deur Aussieboer

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment