Get Newsletter

Pastei en koffie op Nuweland

Dit was die jaar van die rebelle – beide op en van die veld af. Maar dit was ook 'n jaar van opwindende, liplek-lekker rugby.

Ek praat van 1986, die laaste keer toe die Westelike Provinsie en Transvaal mekaar in 'n Curriebeker-eindstryd die stryd aangesê het.

Dit is die jaar toe die Nieu-Seelandse Kavaliers Suid-Afrika besoek het. Hulle was, letterlik, Rebelle.

Die rede hoekom ek julle byna drie dekades in die verlede terugneem, is omdat die twee spanne – WP en Leeus – die klok sal terugdraai wanneer hulle Saterdag op Nuweland in die vertoonvenster van Suid-Afrikaanse rugby gaan kragte meet.

* For the English version, CLICK HERE!

Daar is geen twyfel dat die twee beste, en mees bestendigste, spanne van 2014 Saterdag gaan armdruk vir die reg om Sir Donald Currie se skenking vir die volgende jaar in hulle vertoonkas te laat staanmaak.

Net soos 28 jaar gelede is dít die twee spanne wat die mees opwindende rugby opgedis het.

En dit voorspel dat ons nog 'n skouspel soos min kan verwag.

Daar is soveel wat die twee eindstryde – 1986 en 2014 – in gemeen het.

Die Leeus (destyds Transvaal) se pak voorspelers word hoër as hul teenstanders aangeslaan. De huidige voorry – Ruan Dreyer, Robbie Coetzee en Schalk van der Merwe, met manne soos Armand van der Merwe en Julian Redelinghuys wat as plaasvervangers opgebring kan word – is net so indrukwekkend soos die ooms van 1986 – Piet Kruger, Chris Rogers en Barabas Venter.

Die Transvaal losvoorspelers het Springbokke Jannie Breedt en Wahl Bartman ingesluit, met die geharde Daan Badenhorst op slot.  

Nie dat Transvaal nie talent agterlangs gehad het nie. Hugo van As, 'n onderskatte senter, het immers die eerste drie van die wedstryd gedruk na 'n skop afgestorm is. Daar was ook die Britse en Ierse Leeu skrumskakel John Robbie, wat hom na die 1980 toer in Suid Afrika gevestig het.

Die klas van 2014 sal op swaar op agterspelers soos Lionel Mapoe en Marnitz Boshoff steun.

Die WP het destyds self a paar ysters voorlangs gehad. Gert Smal, tans die Direkteur van Rugby by die WP, was een van die krag-reuse in die Kaapse span. Daardie pak voorspelers het ook 'n Springbok met die naam Schalk Burger gehad, die vader van die huidige Bok-losvoorspeler Schalk Burger jr.

Maar dit is agterlangs waar legendes soos Carel du Plessis, Faffa Knoetze en Goggie van Heerden amok gemaak het. Knoetze het een drie en Van Heerden twee gedruk in 'n wedstryd waarin die Streeptruie eers in die laaste 10 minute die oorhand kon kry en 22-9 gewen het.

En die WP kan eerskomende Saterdag staatmaak op blitse met uitsonderlike vaardighede soos Cheslin Kolbe en Seabelo Senatla. Dis nie te verregaande om te voorspel dat laasgenoemde, Senatla, soos Du Plessis, 'n legende gaan wees nie.

Die een groot verskil tussen die week en 1986 (wat terloops my eerste Curriebeker-eindstryd as 'n joernalis was) is dat ek nie weer pastei en koffie onder die hoofpawiljoen sal kan gaan geniet nie. Daai ou 'restaurant' en sy tradisie het terwille van modernisering gesneuwel.

Die WP en Transvaal (nou Leeus) het net vier keer in die eindstryd kragte gemeet. Drie daarvan was op Nuweland en hulle het elk twee keer gewen.

WP teen Transvaal in eindstryde:

1939: Transvaal wen 17–6 in Kaapstad

1947: Westelike Provinsie wen 16–12 in Kaapstad

1950: Transvaal wen 22–11 in Johannesburg

1986: Westelike Provinsie wen 22-9 in Kaapstad

* Terloops, die 1986 eindstryd was die einde van 'n era vir WP rugby, na hulle die Curriebeker-trofee vyf jaar agtereenvolgens verower het. Die volgende jaar het Carel du Plessis en sy broer Michael vir Transvaal in die eindstryd teen Noord-Transvaal gespeel.

Die 1986 spanne

Westelike Provinsie: 15 Calla Scholtz, 14 Carel du Plessis (kaptein), 13 Goggie van Heerden, 12 Faffa Knoetze, 11 Clark Ellis, 10 Chris Smit, 9 Freddie Ferreira, 8 Gert Smal, 7 Deon Lötter, 6 Tiaan Strauss, 5 Schalk Burger (snr), 4 Neil Hugo, 3 Keith Andrews, 2 Shaun Povey, 1 Bill Niewoudt.

William Cockerill replaced Povey in the first half.

Transvaal: 15 Jannie Tiedt, 14 Liaan Kirkham, 13 Dries Maritz, 12 Hugo van As, 11 Hempas Rademeyer, 10 Schalk Naudé, 9 John Robbie, 8 Jannie Breedt (kaptein), 7 Andries Fourie, 6 Wahl Bartmann, 5 Lappies Labuschagne, 4 Daan Badenhorst, 3 Piet Kruger, 2 Chris Rogers, 1 Barabas Venter.

Geen plaasvervangers gebruik

Deur Jan de Koning

@King365ed

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment