{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Tyd om 'veterane' te rus

Nieu-Seeland en Ierland het reeds gewys jy kan dit met vrug doen. Nou is dit Suid Afrika se beurt om hul 'veterane' so bietjie te rus.

Wat ek voorstel is dat die Springbok breier, Heyneke Meyer, eerskomende naweek se kragmeting teen Italië gebruik om van die jonger lede in sy toergroep die kans gun om teen Italië uit te draf.

Ek erken dat die All Blacks gesukkel het om 'n omgekrapte Skotland, die afgelope naweek, baas te raak en Ierland het eers in die tweede helfte teen Georgië die oorhand gekry.

Maar albei het daarin geslaag om hulle reserwes belangrike speeltyd in 'n toetswedstryd te gee – 'n belangrike oefening met die oog op aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi.

* For the English version, CLICK HERE!

Die senior Bokke het wel 'n paar weke in Stellenbosch gaan 'rus' – tydens die oefenkamp voor die toer – maar dit gaan hier vir my meer oor 'n klomp spelers in die diep kant ingooi en sien wie kan swem.

Boonop is daar 'n klompie skete in die span – soos die stut Jannie du Plessis wat sy dyspier en knie beseer het in die oorwinning oor Engeland, Willie le Roux het 'n harde stamp weg teen die wangbeen, Bryan Habana kan doen met 'n ruskansie, Jean de Villiers is gewis oorspeel, Duane Vermeulen verdien 'n blaaskans, Victor Matfield kan baatvind daarby om 'n slag van die bank af te speel en Tendai Mtawarira lyk ook 'moeg'.

Die vraag is: 'Is daar genoeg talent om 'n omgekrapte Italië te klop?'

My antwoord is kort en kragtig: 'JA!'

Meyer het reeds gesê hy wil Johan Goosen as 'n heelagter in aksie sien. Nou is sy kans. Damian de Allende verdien dalk weer 'n kans in die middelveld, dalk langs Jan Serfontein, terwyl Lwazi Mvovo ook nie sy land in die steek sal laat nie. Patrick Lambie en Cobus Reinach verdien gewis weer 'n kans as die skakelpaar.

Warren Whiteley en Teboho Mohoje het reeds getoon hulle is opgewasse vir die toetsarena – Whiteley met sowat 35 minute in sy twee verskynings (teen Australië en Nieu-Seeland), terwyl Mohoje reeds vyf Toetse gespeel het en driekeer in die beginspan verskyn het.

Dit is ook 'n idiale geleentheid om Nizaam Carr op die Azzurri los te laat, 'n goeie beloning vir sy harde werk vanjaar.

Lodewyk de Jager en Eben Etzebeth behoort 'n interessante slotpaar te wees, terwyl Julian Redelinghuys se welbekende skrum-krag vir geen beter toets as Italië se voorry kan vra nie.

Ek sal dat Bismarck du Plessis die span aanvoer – deels vir ervaring en deels om te kyk of dit hom help om sy beste spelpeil te herwin.

Die 'versekering' kan op die bank wees – geharde snare soos Adriaan Strauss, Trevor Nyakane, Victor Matfield, Franois Hougaard en JP Pietersen.

Meyer weet ook dat spelers wat oorsee speel nie aanstaande week teen Wallis sal kan uitdraf nie, aangesien daardie wedstryd nie deur die Internasionale-Rugbyraad goedgekeur is nie. Dit beken spelers soos Bakkies Botha, Johan Goosen, Bryan Habana, Schalk Burger, JP Pietersen, Gurthrö Steenkamp en Morné Steyn is nie beskikbaar nie.

Dit als in ag geneem, hier is die span wat ek sou voorstel Saturdag in die Stadio Eugane in Padova teen Italië moet uitdraf!

Jan de Koning se Springbok vyftiental: 15 Johan Goosen, 14 Cornal Hendricks, 13 Damian de Allende, 12 Jan Serfontein, 11 Lwazi Mvovo, 10 Patrick Lambie, 9 Cobus Reinach, 8 Warren Whiteley, 7 Teboho Mohoje, 6 Nizaam Carr; 5 Lodewyk de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Julian Redelinghuys, 2 Bismarck du Plessis (captain), 1 Coenie Oosthuizen.

Plaasvervangers: 16 Adriaan Strauss, 17 Ruan Dreyer, 19 Trevor Nyakane, 20 Victor Matfield, 21 Jaco Kriel, 22 Francois Hougaard, 23 JP Pietersen.

@King365ed

ADVERTISEMENT

Join free

Has Beauden Barrett Just Secured His World Cup Place? | Aotearoa Rugby Pod | Episode 36

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment