Get Newsletter

Wanneer reputasies vir niks tel nie

Week Een van die 2015 Super Rugby-toernooi het 'n hele paar absorberend wedstryde, met interessante en fassinerende uitslae opgelewer. Reputasies het duidelik vir niks getel nie.

Daar is vier wedstryde wat vir my uitstaan, waar hierdie minagting van reputasies' die beste geïllustreer is.

Die verdedigende kampioene, die Waratahs, het sleg slae gekry teen die Western Force, wat hulle met 25-15 in Sydney kafgedraf het. Die Bulle is net so erg verneder deur die Stormers ('n 17-29 nederlaag) in Pretoria. Voeg nou daarby die Haaie, wat met 29-35 teen die Cheetahs in Durban vasgeval het en die Crusaders wat met 10-20 teen die Rebels in Christchurch verloor het.

Die twee belangrikste kenmerke van hierdie uitslae is die feit dat die verloorders sogenaamde tuisveldvoordeel gehad het en dan ook die geweldige aantal internasionale en sogenaamde 'ster-spelers' wat die verloorders, in vergeleke met die wenners, in hul begin-spanne gehad het.

Nêrens was dit meer duidelik uitgestippel as in die laaste wedstryd van die naweek, Sondag in Sydney, waar die Waratahs net een speler gekies het wat nie Toets-ervaring gehad het. Die Western Force kon net op vier internasionale spelers staatmaak. Dit is 'n ongelooflike 14 teenoor vier.

Onthou, die Waratahs word ook deur die Wallaby-breier Michael Cheika afgerig. Die Force het as hul hoofafrigter ene Michael Foley, wat na net een seisoen by die Waratahs weggejaag is.

Wanneer reputasies vir niks tel nieIn die Bulle se nederlaag teen die Stormers was die telling van internasionale spelers maar net effen minder ongebalanseerd – 12 Springbokke in die begin span van die Bulle en net drie Bokke vir die Stormers.

Die Haaie het ook meer as dubbel die aantal internasionale spelers in hul beginspan gehad in vergeleke met die Cheetahs – 10-teen-vier, maar eers nadat die kaptein Bismarck du Plessis homself kort voor die wedstryd onttrek het.

In Christchurch was die telling van Toets-speler baie meer 'gelyk' – 11 All Blacks vir die Crusaders teenoor die sewe spelers in die Rebels se span wat internasionale ervaring gehad het. Dit is egter wanneer jy na die name kyk, wanneer jy sien dat die Crusaders legendes van die spel en manne met groot reputasies in die beginspan gehad het. Dan besef jy dat die wedstryd soortgelyk in status as die een in Sydney tussen die Waratahs en die Force was.

Daar was manne soos Daniel Carter, Luke Whitelock, Matt Todd Richie McCaw, Luke Romano en Owen Franks aan die een kant. Die Rebels se grootste naam was die losvoorspeler Scott Higginbotham – wat nie eers gereeld vir die Wallabies begin nie.

Dit beteken nie dat die eerste naweek se uitslae 'n aanduiding is van hoe dit die res van die seisoen gaan verloop nie.

Wat dit wel bevestig het is dat reputasies gewis vir niks geld nie en dat sommige spelers net nie geestelik reg ingestel was nie.

In al vier bogenoemde gevalle was dit die span wat die hongerste was wat die wedstryd gewen het.

Ons kyk na die naweek se uitslae en die aantal spelers met internasionale ervaring in elke beginspan!

Waratahs 15-25 Western Force:

Wanneer reputasies vir niks tel nieDWanneer reputasies vir niks tel nieie Waratahs het 14 spelers met internasionale ervaring gehad, met die enigste speler in die beginspan wat nog nie Toets-rugby gespeel het nie die vleuel Taqele Naiyaravoro. Die Force het net vier spelers met Toets-ervaring gehad. Die prentjie is nog meer verwronge wanneer jy na die reputasies en name van die spelers in die Waratahs span kyk – Israel Folau, Adam Ashley-Cooper, Kurtley Beale, Wycliff Palu en Michael Hooper was aan die een kant. Die Force se Toets-spelers was Nathan Charles, Pek Cowan, Ben McCalman (nie gereelde Wallabies nie) en Alby Mathewson (wat net vier Toetse agter die blad het, drie as plaasvervanger en die laaste daarvan in 2010).

Bulle 17-29 Stormers:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieDie Bulle het net drie spelers sonder Toets-ervaring in hul beginspan ingesluit – insluitentende die flank Pieter Labuschagne, wat voorheen 'n lid van die Bok-oefengroep was, maar nog nie 'n Toets gespeel het nie. In die af-seisoen het hulle die dienste van Labuschagne en twee ander Cheetahs – die Bokke Adriaan Strauss en Trevor Nyakane – bekom. Die Stormers se enigste Bokke was die senters Juan de Jongh (wat tans in onguns by die Bok breiers is) en Damian de Allende (nog 'n speler wat sukkel om 'n gereelde plek die Bokke se beginspan los te slaan), sowel as No.8 Duane Vermeulen.

Haaie 29-35 Cheetahs:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieNie net het die Haaie begin met 10 internasionale spelers (agt Bokke, 'n Engelse Toets-speler en aan van Namibië) nie – met groot name soos Patrick Lambie, Cobus Reinach, Marcell Coetzee, Pieter-Steph du Toit, Jannie du Plessis en Tendai Mtawarira – maar onder hul spelers wat nog nie internasionale rugby in die 15-man weergawe gespeel het nie tel manne met groot reputasies soos Sibusiso Sithole, Lubabalo Mtembu en Renaldo Bothma. Die Cheetahs se Toets-spelers was beperk tot Willie le Roux, Teboho Mohoje, Lodewyk de Jager en Coenie Oosthuizen – met De Jager wat die veld binne die eerste 10 minute met 'n besering verlaat het.

Blues 18-23 Chiefs:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieDit was gewis een van die meer gebalanseerde wedstryde van die naweek, selfs al het die Blues ses Toets-spelers in hul beginspan gehad en die Chiefs slegs twee. Die Blues het begin met All Blacks soos Charles Piutau, Jimmy Cowan, Jerome Kaino, Steven Luatua, James Parsons en Tony Woodcock. Die Chiefs op All Blacks Sonny Bill Williams en Sam Cane het staatgemaak, met Williams wat beindruk het.

 

Lions 8-22 Hurricanes:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieDit was die een wedstryd waar die reputasie van die meer gevestigde internasionale spelers verhoog is. Die Leeus het met net twee Bokke begin – Marnitz Boshoff en Warren Whiteley. Boshoff het 'n nagmerrie-wedstryd beleef. Die Hurricanes se mees invloedryke spelers was die All Blacks Conrad Smith, Julian Savea, Beauden Barrett, TJ Perenara en Ben Franks.

 

Brumbies 47-3 Reds:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieDie Brumbies het 'n spul spelers met groot reputasies en dit het op die telbord gewys – 12 spelers met internasionale ervaring het begin teen ses van die Reds. Nie net het hulle talentvolle spelers soos Tevita Kuridrani, Christian Lealiifano, Matt Toomua, David Pocock, Scott Fardy en Sam Carter uitgetroon nie, maar hulle was ook gewis meer vasberade. Dit was verpersoonlik in die wyse waarop Pocock sy terugkeer – na twee groot knie-operasies – gemaak het. Vir die Reds het 'n geharde man soos Horwill soos 'n gefrustreerde ou man gespeel. Jy sou ook meer van gehalte spelers soos Will Genia, Liam Gill, Saia Fainga'a en James Slipper verwag het.

Crusaders 10-20 Rebels:

Wanneer reputasies vir niks tel nieWanneer reputasies vir niks tel nieDit is 'n klassieke geval van waar reputasie vir niks getel het nie. Die aantal spelers met Toets-ervaring was net 11-sewe in die guns van die Crusaders. Die Rebels het gewis nie vir groot name en spelers met die legendariese status soos Daniel Carter en Richie McCaw geskrik nie. Dan praat ons nie eers van ander All Blacks soos Luke Whitelock, Matt Todd, Luke Romano en Owen Franks. Die Rebels se grootste naam was die agtsteman Scott Higginbotham en selfs hy is nie eers 'n gereelde in die Wallabies se beginspan nie.

Deur Jan de Koning

@King365ed

@rugby365com

Grootste verrassing die naweek

ADVERTISEMENT

Join free

Two-time Commonwealth champion to Paris Olympian | Georgia-Mae Fenton | Stronger Than You Think | S3 Ep 3

England vs France | World Rugby U20 Championship Final | Full Match Replay

Scotland vs USA | U20 Trophy Final | Full Match Replay

Boks Office | Episode 15 | Extreme Golf Special

Embedded 2024 | England | Episode 4

Before They Make It | South Africa

Before They Make It | England

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 22

Women's Six Nations winner to Paris Olympic sevens for Team GB | Ellie Kildunne | Stronger Than You Think | S3 Ep 2

Write A Comment