{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Armentum verloor weer in Koshuisliga

‘n Drie in die doodsnikke Vrydagaand deur Francois Crous (binnesenter) het Heimat ‘n 24-23 Steinhoff Koshuisliga sege oor Armentum besorg.

Armentum was 23-17 voor met speeltyd amper verstreke.

Heimat het egter die een aanval ná die ander begin totdat André Malherbe (buitesenter) deur die middelveld gebreek het en Crous aan sy binnekant gevind het om die wendrie onder die pale te gaan druk.

Boer van Niekerk (flank) se doelskop het Heimat sy tweede sege oor Armentum in vanjaar se kompetisie besorg.

Die verloorspan het ‘n droombegin gehad toe sy losskakel Reinhardt Erwee binne die eerste twintig sekondes van die wedstryd onder die pale gaan druk het.

Heimat het van die afskop aangeslaan en Erwee het die bal opgepik en afgelê doellyn toe sonder dat Heimat-verdedigers naby aan hom kon kom.

Tiaan Aucamp (heelagter) se drie later in die eerste helfte het Armentum ‘n 17-7-voorsprong teen rustyd gegee.

Maar ‘n sterk vertoning in die tweede helfte het die knoop vir die wenspan deurgehak.

Hulle het Armentum deur goeie taktiese skopwerk onder hewige druk geplaas terwyl Heimat ook balbesit begin domineer het.

Dít het tot gevolg gehad dat die verdedigende kampioen baie duikslae moes uitvoer en teen die einde moes die verdedigingslinie eenvoudig meegee toe Malberbe deur ‘n gaping geglip het.

Hierdie nederlaag plaas Armentum nou onder groot druk om sy titel te verdedig.

Hy is nou nege punte agter Vishuis in die tweede plek op die puntelys en sal nou al sy oorblywende vier wedstryde moet wen as hy onder die voorste twee spanne wil eindig om die eindstryd te haal.

Puntemakers: Heimat 24 (7), Armentum 23 (17). HEIMAT – Drieë: Lebo Zietsmann, Nielbert Kitching, Francois Crous. Doelskoppe: Boer van Niekerk (3). Strafdoel: Van Niekerk. ARMENTUM – Drieë: Reinhardt Erwee, Tiaan Aucamp. Doelskoppe: Reinhardt Erwee (2). Strafdoel: Erwee. Skepdoele: Tiaan Aucamp (2).

* JBM het Veritas 27-17 geklop om sy titeldrome lewend te hou.

Veritas het sake aanvanklik baie moeilik vir JBM gemaak met doeltreffende inklimspel deur die voorspelers.

JBM se agterlyn het egter in die tweede helfte sake begin oorheers.

Die wedstryd was tot agt minute voor die einde nog in die weegskaal (JBM 20-10 voor) totdat Anthony Jevu (regtervleuel) se drie die wedstryd beklink het.

JBM het van ‘n lynstaan af gedryf, Veritas se voorspelers ingetrek en die bal na Jevu uitgegee wat oorgedraf het sonder dat ‘n hand op hom gelê is.

Roelof Joubert se doelskop het die telling na 27-10 gestrek voordat Veritas teen die einde ‘n drie behaal het om verlore aansien te herwin.

Puntemakers: JBM 27 (6), Veritas 17 (5). JBM – Drieë: Roelof Joubert, Len Kok, Anthony Jevu. Doelskoppe: Roelof Joubert (3). Strafdoele: Joubert (2). VERITAS – Drieë: Marnus Barnard, Andrew Elsenere, Karl Eksteen. Doelskop: Danie Cronjé.

* Vishuis het min moeite ondervind om Karee ‘n 27-0-loesing toe te dien. Ulrich Carshagen (foto), het een van sy span se vyf drieë gedruk.

Hiermee het Vishuis sy posisie op die puntelys verstewig en is nou slegs twee punte agter Heimat in die eerste plek.

Puntemakers: Vishuis 27 (17), Karee 0 (0). VISHUIS – Drieë: Henri van Niekerk, Ulrich Carshagen, Waldo Lategan, Gerhard Meyer, Bennie Pretorius. Doelskop: Jan du Toit.
 
Puntelys (gespeel, gewen, bonuspunte en ligapunte):
Heimat 8, 6, 4, 28
Vishuis 8, 5, 6, 26
JBM 8, 6, 0, 24
Armentum 8, 2, 5, 15
Karee 8, 2, 1, 11
Veritas 8, 0, 2, 2

Voorste puntemakers (drieë, doelskoppe, strafdoeUlle, skepdoele en totaal):
Roelof Joubert (JBM) – 4, 6, 8, 0, 56
Mindus Crous (Heimat) – 0, 10, 10, 0, 50
Cobus van der Westhuizen (Vishuis) – 0, 8, 9, 0, 43
Dries Ludeke (Vishuis) – 6, 0, 0, 0, 30
Stefan Terblanché (Armentum) – 0, 4, 6, 0, 26

Voorste drie-drukkers:
Dries Ludeke (Vishuis) – 6
Roelof Joubert (JBM) – 4
Johan Brune (Vishuis) – 4

Grootste sege: Heimat 36 Veritas 0
Meeste punte in ‘n wedstryd: 17 – Roelof Joubert (JBM t Veritas) & Jaco Carstens (Karee t Vishuis)
Meeste drieë in ‘n wedstryd: 2 deur agt spelers
Meeste doelskoppe in ‘n wedstryd: 4 – Mindus Crous (Heimat t Veritas)
Meeste strafdoele in ‘n wedstryd: 4 deur drie spelers
Meeste skepdoele in ‘n wedstryd: 2 – Tiaan Aucamp (Armentum t Heimat)

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment