{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Bastion maak hul stem dik by UJ

Bastion Manskoshuis het Woensdagaand in die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Steinhoff Koshuisliga gewys dat hulle hierdie jaar met niks minder as die beker tevrede gaan wees nie, toe albei hulle spanne Kanniedood gemaklik met 59-5 en 42-0 oorrompel het.

Reën vroeër die aand het verseker dat die bal tussen die voorspelers gehou gaan word. Bastion se groot pak voorspelers het dit moeilik gemaak vir die manne van Kanniedood om goeie bal te kry.

Met sterk kraglopies het hulle telkemale die verdedigingslyne gebreek en dan vinnig balle wyd gestuur vir die gevaarmanne om agter die pale te gaan kuier. Hulle pogings pale toe was wel nie so suksesvol nie, maar op die einde van die aand sou dit nie veel van ‘n verskil te gemaak het nie.

Bastion se Francois Conradie het aan varsitycup.co.za gesê: “Die manne het lekker saam gespeel en goeie lyne gehardloop. Die voorspelers het gedomineer en goeie bal vir die backline gegee.”

Kanniedood se spelers lyk maar uitgedun en onfiks. Hulle sukkel om goeie bal te kry en dit lyk nie of hulle veel van ‘n spelpatroon het waarvolgens hulle speel nie.

Dromedaris het volpunte gekry toe die manne van Oppierif nie ‘n vol span op die veld kon stuur nie. Hulle moes noodgedwonge die wedstryd afstel wat ‘Drom’ ‘n hupstootjie op die punteleer gegee het. Hulle bly wel steeds in tweede posisie na Bastion se weghol oorwinning.

In die tweede liga was die groot wedstryd van die aand die derby tussen Majuba en DFC. Die manne van die Doornfontein kampus (DFC) het as wenners uit die klipharde stryd getree met ‘n telling van 17-0 (12-0 op halftyd).

Volgens Amigo Ngcaicana van DFC was dit ‘n eersteklas wedstryd gewees: “Ons het uitgegaan om wraak te neem nadat hulle ons vroeër vanjaar gewen het. Die manne het dit baie geniet en ons is baie bly.”

In die wedstryd tussen Afslaan en Vorendag het Afslaan 10 drieë ingeryg om met 66-3  te wen.Gerhard van Ryst, van Afslaan, het aan varsitycup.co.za gesê: “Die wedstryd was maar baie los gewees, en daar was nie baie fasette om vanaf te werk nie. Die manne het nogsteeds baie goed gedoen in die nat weer.”

Vorendag het met ‘n gelapte span opgedaag en kon glad nie enige weerstand bied vir die manne van Afslaan nie.

In die eerste wedstryd van die aand het die Lions Rugby Factory in die reën die nuutste span in die liga, die Chiropractors, harde bene laat kou en die wedstryd gewen. Hulle verteenwoordigers was ongelukkig nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment