Get Newsletter

Bastion reg vir Maroela uitdaging

Die Steinhoff Bastion span van die Universiteit van Johannesburg (UJ) het na hulle teleurstellende 21-23 verloor van Maandag teen Steinhoff Villagers die week hard geoefen om te verseker hulle is reg vir hul volgende wedstyd.

Die manne wat die UJ verteenwoordig sien uit na hulle eerste tuiswedstryd Maandag teen Steinhoff Maroela van Tuks.

Oor Maandagaand sê amper-wen het Steinhoff Bastion se Marius Burger aan varsitycup.co.za gesê “ons is teleurgesteld oor ons nie gewen het nie. Ons het fokus verloor”.

Steinhoff Maroela het in húl wedstryd van Maandagaand gemaklik met hul bure van TUT afgereken.

Die telling van 42-15 was dalk nie ‘n ware uitbeelding van tot wat hulle in staat is nie. Steinhoff Maroela se afrigter, het aan varsitycup.co.za gesê hy is van mening sy span kan nog beter speel omdat hulle fiksheid nog nie op standards is nie.

Hulle mag dalk tot meer in staat wees as hulle fiksheid week na week verbeter, maar Burger sê “ons wonder ook tot wat hulle in staat is. Ons sal Maandag sien”.

“Ons het ook ‘n briljante agterlyn,” het Burger op navraag oor Steinhoff Maroela se berigte sprankelspel van die agterlyn gesê.

Daar bestaan ‘n ook moontlikheid dat twee of drie van die spelers wat Maandag die UJ moes verteenwoordig  het, dalk weer komende Maandag vir Steinhoff Bastion kan speel.

Steinhoff Bastion het Sondag hulle kapteinsoefening, waarna die finale span bekend sal wees.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment