Get Newsletter

Bastion se grote teen Patriot

Steinhoff Bastion (UJ) speel vandag teen Steinhoff Patriot (TUT), in ‘n wedstryd wat heel mootlik hulle laaste in hierdie jaar se Steinhoff Koshuisliga mag wees.

Steinhoff Patriot van TUT speel vandag eers in hul tweede wedstryd, nadat hulle en Steinhoff Villagers van Pukke verlede week ‘n loslooitjie gehad het.

Volgens Steinhoff Patriot afrigter het die week se rus hulle die wêreld se goed gedoen en kon hulle ‘n paar nuwe gesigte in kry na die nederlaag teen Steinhoff Maroela. Hulle sukkel wel nou die week met ander spelers wat besig is met eksamens.

In hul eerste wedstryd teen Steinhoff Maroela van Tuks het hulle egter ‘n erge loesing gekry. Indien Steinhoff Bastion dit ook vanaand kan reg kry om hulle met ‘n groot telling te kan ore aan sit, is daar dalk nog ‘n buitekans dat die manne van UJ kan deur gaan semi’s toe. Dit kan egter slegs gebeur as Steinhoff Patriot dan vir Steinhoff Villagers in ‘n skok sege wen.

Steinhoff Bastion kon in hul vorige twee Steinhoff Koshuisliga-kragmetings nie die volle tyd fokus nie en het hul onvermoë om die knoop deur te haak hulle duur te staan gekom.

Vir vanaand se wedstryd het hulle ses veranderings gemaak in die beginspan, waarvan drie as gevolg van beserings is. Die kaptein, Marius Burger, is uit met ‘n skouer besering, terwyl skrumskakel, Merlot van der Merwe, ook vanuit die pawiljoen moet kyk vandag.

Buger het aan varsitycup.co.za gesê “die ander varanderings is gemaak sodat almal ‘n kans kry om in die kompetisie te speel”.

“Die ouens is nogsteeds gemotiveerd en reg vir die game. Hulle gaan wel vanaad meer vir hulle naam speel en daarop fokus om die game te wen,” het hy bygevoeg.

Die wedstryd skop om 16:30 af en dien as voorwedstryd vir die Varsitybeker-stryd tussen UJ en NMMU.

Die Steinhoff Bastion span: 15 R Janse van Rensburg, 14 N van Zyl, 13 K Redelinghuys, 12 B Verhoef, 11 SC Ncgobo, 10 C Janse van Vuuren, 9 E Searle, 8 RJ Liebenberg, 7 A Coetzee, 6 D Hope, 5 P Meyer, 4 J Havinga, 3 J van der Westhuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 J Kurkham.
Plaasvervangers: 16 J Africa, 17 P de Bruyn, 18 M Shuping, 19 D Eyrle, 20 H de Kock, 21 A Vermeulen, 22 R Lombaard.

Afskop: 4.30nm
Plek: UJ Stadion (Johannesburg)

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment