Get Newsletter

Bastion se 'klein liggie'

Steinhoff Bastion kan na Maandagaand se wen in die Steinhoff Koshuisliga ‘n klein liggie aan die einde van die tonnel sien brand.

Die manne van die Universitit van Johannesburg (UJ) het ‘n agterstand van elf punte teen Steinhoff Patriot (TUT) uitegwis om uiteindelik hulle eerste wedstryd in die kompetisie met 17-14 te wen.

Steinhoff Patriot het van die afskop af met mening gespeel en seker gemaak hulle hou Steinhoff Bastion uit hulle gebied uit.

Die manne van Pretoria het in die eerste minuut hulle rekening oopgemaak met ‘n strafdoel deur hul losskakel. ‘Pusher’ Janse van Vuuren, Steinhoff Bastion se losskakel het egter twee minute later sake gelykop getrek met ‘n strafdoel van sy eie.

Steinhoff Patriot se groot voorspelers het Steinhoff Batsion in die eerste helfte opdraende gegee in die skrums, en so verseker hulle agterspelers kry genoeg besit om wyd te stuur. Steihoff Patriot se losskakel het in die eerste veertig minute met nog twee strafdoele geslaag sodat sy span kon gaan water drink met die telling op 9-3.

TUT se beste rugbykoshuis het die tweede helfte dieselfde begin as wat hulle die eerste geïendig het en in die sesde minuut het hulle linker vleuel netjies afgerond. Dit was egter Steinhoff Patriot se laaste punte vir die aand, na hul losskakel nie met die doelskop, ‘n skep-skop of ‘n strafdoel kon slaag nie.

Steinhoof Bastion se skrum kon stabiliseer toe die ou staatmaker stut, Fordyce de Bruyn, op die veld gekom het. Maar daar moes gevaarligte by sy se bestuurspan afgegaan en met 20 minute van spel oor en die telling op 14-3.
 
Steinhoff Bastion se afrigter het ‘n hele ‘n rits plaasvervangers opgestuur en dit het dadelik ‘n verskil gemaak. Mongrel Shuping het in die 20ste minuut oorgeduik vir sy drie en Janse van Vuuren het die drie verdoel om die gaping na net vier punte te laat krimp.

Die manne in blou het toe met net ‘n paar minute se spel wraak geneem en die keer vir ‘n slag die laaste punte in die wedstryd aangeteken en die voortou geneem. Janse van Vuuren was, soos menigte male vroeër in die seisoen, Steinhoff Bastion se held toe hy sy drie druk en verdoel het.

Marius Burger van Steinhoff Bastion het aan varsitycup.co.za gesê: “Dinge het in die laaste twintig minuut eers vir ons bymekaargekom toe ons die veranderinge gemaak het. Ons is baie bly.”

Puntemakers:
Drieë:
M Shuping, C Janse van Vuuren
Doelskoppe: Janse van Vuuren 2
Strafdoele: Janse van Vuuren

Die Steinhoff Bastion span: 15 R Janse van Rensburg, 14 N van Zyl, 13 K Redelinghuys, 12 B Verhoef, 11 SC Ncgobo, 10 C Janse van Vuuren, 9 E Searle, 8 RJ Liebenberg, 7 A Coetzee, 6 D Hope, 5 P Meyer, 4 J Havinga, 3 J van der Westhuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 J Kurkham.
Plaasvervangers: 16 J Africa, 17 P de Bruyn, 18 M Shuping, 19 D Eyrle, 20 H de Kock, 21 A Vermeulen, 22 R Lombaard.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment