Get Newsletter

Borries neem nr. 10-trui oor

Adriaan Bornman, kaptein van Steinhoff Maroela, moet ‘n groot paar skoene volstaan nadat Stanley Twiname in die beginspan van FNB Tuks ingesluit is.

Bornman, ook Steinhoff Maroela se formidabele skopmasjien, het in die 2010 Steinhoff Koshuisliga-reeks nog net heelagter vir sy span gespeel.

Steinhhoff Maroela speel vandag in die TuksRugby-stadion teen Steinhoff Villagers (Pukke) in wat allerweë as die ‘eindstryd’ in dié groep van die FNB Varsitybeker-koshuisreeks beskou word.

Steinhoff Maroela het sy eerste twee groepwedstryde, teen Steinhoff Patriot (TUT) en Steinhoff Bastion (UJ), albei gewen. Steinhoff Villagers het ook reeds met Steinhoff Bastion afgereken, maar moet nog op 22 Maart teen Steinhoff Patriot speel.

“Dis ‘n baie eenvoudige sommetjie: ons moet net wen om vir die halfeindronde te kwalifiseer,” het Paul van der Westhuizen, afrigter van Steinhoff Maroela, aan varsitycup.co.za gesê.

“Die feit dat ons net so min van Steinhoff Villagers weet as hulle van ons, maak dit feitlik onmoontlik om voor die tyd ‘n wedstrydplan te beraam.

“Die onbekende faktor maak die aanpasbaarhheid van sowel jou spelpatrooon as spelers ononderhandelbaar. Hoe vinnig ons dus die situasie raak opsom en ons wedstrydplan dienooreenkomstig aanpas, sal deurslaggewend wees,” het Van der Westhuizen bygevoeg.

Steinhoff Maroela sal sy beginspan eers later vandag finaliseer wanneer daar uitlsuitsel oor al die beserings is.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

HSBC SVNS Singapore 2025 | Day Two Men's Highlights

HSBC SVNS Singapore 2025 | Day Two Women's Highlights

Jet Lag: The biggest challenge facing international sports? | The Report

Boks Office | Episode 39 | The Investec Champions Cup is back

Rugby’s Greatest Rivalry? | New Zealand & Australia | Sevens Wonders | Episode 5

Kobelco Kobe Steelers vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

The Rise of Kenya | The Report

The Fixture: How This Rugby Rivalry Has Lasted 59 Years

Write A Comment