Get Newsletter

Dagbreek wen: 'n Ander perspektief

Albert van der Merwe, van die Dagbreek span, skryf vir ons ‘n verslag na sy span se oortuigende 61-10 Steinhoff Koshuisliga oorwinning oor die NMMU Madibaz Koshuis span hierdie Maandag.

Dagbreek se tweede wedstryd van die 2010 Steinhoff Koshuisliga vir koshuise het aangebreek en ons wedstryd was teen Northenz in die Xerox Stadion in Port Elizabeth.

Ons het Maandag oggend gevlieg vanaf Kaapstad Internasionaal na Port Elizabeth en het die middag gearriveer by ons hotel, die Chapman, waar ons ‘n lekker middagete geniet het. Na ‘n kort rustyd het ons vertrek na die stadion waar ons sou speel.

Die wedstryd het 5nm afgeskop in die warm son en met ‘n hoë humiditeit. Dagbreek het vroeg op die tellingbord gekom en het goed Northenz se foute uitgebyt om halftyd met 40 teenoor 10 voor te loop.

Mooi drieë is van goeie bewegings en teenaanvalle gedruk deur die vleuel Jonathan Snyman en plaasvervanger vleuel Ryan Nel, agsteman Frans de Bruin, flank Jaco Janse van Vuuren en twee drieë van die skrumskakel Prieur de Jager. Die heelagter Deon Lourens was suksesvol met vyf van die ses doelskoppe.

Die tweede helfte het teen dieselfde hoë tempo verloop en daar is verdere drieë gedruk deur die plaasvervanger vleuel Ryan Nel, vleuel Jonathan Snyman, en binnesenter Renier de Villiers. Die heelagter Deon Lourens was suksesvol met al drie doelskoppe. Met die blaas van die eindfluitjie het die telling op 61 teenoor 10 in Dagbreek se guns gestaan.

Baie dankie aan Maties en Steinhoff wat die toer, vervoer en verblyf voorsien het en so ‘n lekker en suksesvolle twee dae in Port Elizabeth vir ons moontlik gemaak het. Ons sien uit na ons laaste groepwedstryd teen die Tornadoes van Ikeys (op 15 Maart).

Deur Albert van der Merwe

Foto: Lukas Kruger in aksie vir Dagbreek!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment