Get Newsletter

Die finaal: Dagbreek se perspektief

Dagbreek en Vishuis het Maandag, 29 Maart teen mekaar gespeel in die 2010 Steinhoff Koshuisliga Finaal, in die Danie Craven Stadion. Dit was ‘n perfekte dag vir rugby en die tafel was gedek vir ‘n stryd tussen die twee sterkste spanne van die kompetisie.

Aan die einde van ‘n titaniese stryd tussen die twee spanne het Vishuis egter as oorwinnaars uitgetree.

Dagbreek het weer goeie aanvallende rugby gespeel, maar kon nie hul geleenthede afrond nie. Vishuis het hul kanse beter benut en dit in punte omgeskakel. Vishuis het twee ongeantwoorde drieë in die eerste helfte gedruk en nog een in die tweede helfte. Dagbreek het egter nooit opgegee nie en hul harde werk is beloon met ‘n drie deur vleuel Danie Kritzinger in die laaste minute van die wedstryd.

Dagbreek is 22-7 geklop deur Vishuis wat op die dag ‘n beter span was. Baie geluk aan die span van Bloemfontein en dankie vir die goeie sportmanskap en kompetisie.

Baie dankie aan Steinhoff en al die ander borge vir die geleentheid om in so ‘n kompetisie te kon deelneem, dit was ‘n wonderlike ondervinding vir die Dagbreek span. Dit was vir ons ‘n eer en voorreg om deel te neem aan ‘n landswye kompetisie wat gekenmerk word deur die feit dat slegs lede van hul onderskeie koshuise speel, en so die koshuiskultuur en -kompetisie tussen die verskillende kampusse te laat groei.

Dankie aan Maties vir hul ondersteuning en hulp deur die loop van die kompetisie en baie geluk aan ons Maties span wat weereens die beker gewen het!

Deur Albert van der Merwe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment