Get Newsletter

Die Huis van Roem en Faam

Op Maandag, 29 Maart – om 4.15nm – speel Steinhoff Dagbreek vir die tweede keer in sy geskiedenis in die Steinhoff Koshuisliga Finaal – op die Danie Craven Stadion.

Ons weet dat daar na Steinhoff Vishuis se goeie vertonings geen twyfel is dat hul wel die gunstelinge vir die finaal is nie, maar Dagbreek is al verskeie kere afgeskryf.

Op die 24ste Maart 2008 is daar ook nie gedink dat die Bloutrein vir Maroela in die Varsity Cup Finaal kon wen nie. In 1975 is daar ook nie gedink Dagbreek kon Doc Craven en sy Dream Team van Wilgenhof in die Suaer wen nie.

Na vier wedstryde in die 2010 Steinhoff Koshuisliga het Dagbreek weereens ongelooflike karakter gewys. Iets wat grootliks te danke is aan die broederskap wat in die Huis heers.

Vishuis is ’n groot en fisiese span. Iets waarmee ons nie met hulle kan meeding nie.

Dagbreek bestaan wel uit 380 broers. Broers wat saam staan. Iets wat ons in die verlede menigte male instaat gestel het om die groot games deur te trek. Dit is tyd dat ons ons tweede Steinhoff Koshuisliga beker huis-toe bring.

Ons sien uit om alle Daggies Maandag langs die veld te sien, sodat ons die Trein kan help om die beker langs die Sauer te kan sit.

Want in Dagbreek is rugby nie alles nie, maar dit is baie!

Deur Dagbreek Manskoshuis

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment