{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Fiksheidsoefeninge Vishuis se voorland

As Vishuis die 2010 Steinhoff Koshuisliga-beker omhoog wil hou – soos Armentum gedoen het in 2009 – sal hulle drasties aan hul fiksheid moet werk.

Want volgens die span se afrigter, Jan Earle, was dit hoofsaaklik die rede hoekom die Kovsie-span so gesukkel het in die laaste kwart van Maandag se wedstryd teen Steinhoff Tornadoes van die Universiteit van Kaapstad.

Hoewel Steinhoff Vishuis gemaklik 39-5 gewen het, was hulle nie klinies in hul uitvoering nie.

“Nee ons was swak,” sê Earle reguit.

“Ek dink dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ons fiksheid wat nie op standaard was nie. Ons het hier teen die einde uitgesak en baie foute begaan soos om duikslae te mis.

“En wanneer daardie manne van Tornadoes aan die hardloop gegaan het, het hul gevaarlik gelyk en moes ons behoorlik op die verdediging skarrel.”

Een van Vishuis se groot probleemareas was hul swak dissipline. Hulle is veral in die tweede helfte male sonder tal gestraf, baie daarvoor vir ongeoorloofde spel.

“Dit kom maar weer op ons gebrek aan fiksheid neer. Wanneer jy nie fiks is nie verloor jy konsentrasie en begin jy sulke foute maak.

“Maar ek wil nie net negatief wees nie, ons het gewen, met ‘n bonuspunt en nou kyk ons maar waar ons kan verbeter.

“Ek is veral bly oor hoe ons skrumwerk verloop het. Ons het twee vasskoppe gehaak,” het Earle bygevoeg aan varsitycup.co.za.

Hy is bly oor die loslootjie wat hulle Maandag het, want dit sal sy spelers kan gee om hulle fiksheid op te skerp.

Koshuise se interne ligas begin gewoonlik eers hier in Aprilmaand, maar met die koms van die Steinhoff Koshuisliga is daar nou ‘n groter uitdaging aan spelers om baie vroeër (as gewoonlik) in die jaar fiks te word.

Earle sê hy sal die manne die naweek afgee, maar verder sal vandeesweek ‘n normale oefenweek wees.

“Die klem sal op fiksheid wees. Trouens, ons gaan aan niks anders aandag gee nie om die manne só skerper te kry.”

Maar wanneer die manne in swart weer volgende week aan hul spel begin aandag gee, behoort lynstane hoog op die prioriteitslys te wees. Vishuis het hier lelik kleigetrap en kon baie min van hul eie lynstane bemeester.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment