Get Newsletter

Groot oorwinning vir JBM

JBM het verlede Donderdagaand weereens bewys dat hy die span is wat in vanjaar se Kovsies Steinhoff Koshuisliga geklop moet word.

Hulle het Karee laat les op sê in ‘n aksie belaaide wedstryd en laasgenoemnde met 32-0 geklop. Die manne van Karee kan hulself skop vir die aantal ongedwonge foute wat hul begaan het.

JBM het op sy beurt hul foute tot ‘n minimum beperk en het die eindlik die vrugte van goeie aanvallende spel gepluk. Karee het telkemale die JBM verdedigings lyn gepennetreer maar kon nie die bal behou in kontak nie.

Karee se lynstaan werk was ook nie iets om oor huistoe te skryf nie. JBM se eerste juis gekom nadat Karee ‘n lynstaan vyf tree van hul doellyn verbrou het.

Die haker kon nie by sy springers aansluiting vind nie en die bal is agter die lynstaan deur ‘n JBM speler opgeraap wat net voor die doellyn platgetrek is. JBM het die bal vinnig herwin en Johan Meyer (linkervleuel) het oor die lyn geduik vir sy span se eerste punte. Ook Karee se skopvertoning wasnie juis indukwekend nie en die span se skoppers het verskeie strafskoppe pale toe verbrou.

Vir JBM, het Pieter Coceran (regtervleuel) uitgeblink. Hy was op die aanval ‘n staatmaker en het met verskeie gevaarlike dartellopies vorendag gekom. Dillon Schaefer (heelagter) het ook baie goed vannuit die laaste vesting aangeval.

Nico Venter, regtervleuel van Karee, se harde laagvatte was baie indrukwekkend. NW Smit, skrumskakel van Karee, se spel was ook die enigste ligpunt in sy span se vertoning.

Vishuis het in hul kragmeting teen Veritas hulself weer laat geld toe hy 36-3 koning gekraai het. Vishuis het die vorige week in die stof gebyt teen Heimat in die eerste wedstryd nadat hul die Varsitybeker se koshuis liga gewen het.

Shimlas Koshuisliga punteleer:
(Wedstryde gespeel, gewen, totaal punte)
1. JBM 5, 4, 18
2. Heimat 4, 2, 10
3. Veritas 4, 2, 9
4. Vishuis 2, 1, 6
5. Armentum 4, 0, 1
6. Karee 2, 0, 0

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment