Get Newsletter

Harde werk wag nog op Maroela

Steinhoff Maroela het ‘n goeie begin in die 2010 Steinhoff Koshuisliga nodig gehad, want ‘ons moes van vooraf aan ‘n span bou’, het die afrigter, Paul van der Westhuizen, gisteraand ná die klinkende oorwinning teen Patriot (FNB TUT) gesê.

Steinhoff Maroela – van Tuks – het met 52-15 gewen en volgens Van der Westhuizen is dit bemoedigend hoe vinnig die nuwelinge aangepas het.

“Daar het min senior spelers oorgebly, maar die eerste- en tweedejaars wat in hul voetspore volg, het hulle uit die staanspoor baie goed van hul taak gekwyt.”

Van der Westhuizen gee toe dat sy span se fiksheid nog nie op peil is nie, maar dit sal week ná week verbeter.

Maroela het ook ander tekortkominge waaraan hulle sal moet skaaf, maar die sprankelspel van die agterlyn het baie moed gegee.

“Ons het goed begin, maar die harde werk lê nog voor.

“Ons moet die goeie dinge uit die oorwinning teen Steinhoff Patriot as boustene gebruik,” meen Van der Westhuizen.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment