Get Newsletter

Koshuis aksie in Stellenbos

Na ‘n week se ruskans, skop die Steinhoff International Matie Interkoshuisrugby weer vandag in volle swang af vir die laaste week van die eerste semester.

Dit gaan ‘n week van interesante koshuisrugby wees, met ‘n goeie afsluiting van die eerste semester wanneer die eerste liga Vrydagmiddag om 17:00 afskop.

Baie oë sal op die kragmeting tussen Huis Marais en Helderberg gerig wees.

Met Huis Marais wat op 15 ligapunte in die voortou van die kompetisie staan, en Helderberg wat in hulle vorige wedstryd met Majuba afgereken het, behoort hierdie wedstryd ‘n strawwe kragmeting te wees.

Ander wedstryde om met valkoë dop te hou is die tussen Helshoogte en Majuba asook Simonsberg en PSO.

Beide Helshoogte en Simonsberg was in verlede jaar se semi-finaal, maar beide hierdie spanne het hulle vorige wedstryd verloor. Verlede jaar se kampioene, Dagbreek, speel teen Eendrag in ‘n wedstryd wat beloof om goeie rugby op te lewer.

Ander wedstryde wat ook plaasvind is Medies teen Elsenburg en Wilgenhof teen Eendrag.

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment