Get Newsletter

Kovsies se koshuisrugby die beste

Steinhoff Vishuis se sege in Maandagmiddag se eindstryd van die Steinhoff Koshuisliga het nogmaals die Universiteit van die Vrystaat (UV) se krag op koshuisvlak onderstreep.

Vishuis het Steinhoff Dagbreek in die eindstryd met 22-7 geklop om sodoende die reeks onoorwonne af te sluit. (Hulle het Dagbreek reeds vroeër in die kompetisie ook 24-7 geklop.)

In Vishuis se ander drie wedstryde was dit elke keer eenrigtingverkeer. Hulle het Tornadoes (Ikeys) 39-5 verslaan, Madibaz (NMM) 108-3 afgeslag en Villagers van Pukke in die halfeindstryd 57-3 verslaan.

Wat bietjie teleurstellend van Vishuis se spel in die eindstryd was, was al die ongedwonge foute wat hulle gemaak het. Hulle het ook net ‘n handjievol van dít waartoe hulle in staat is, op die dag gewys en selde tot hulle potensiaal gespeel. 

Dit kan waarskynlik aan eindstryd-rugby toegeskryf word. Dit was verlede jaar dieselfde geval met Huis Armentum (ook van Kovsies) gewees toe hulle ook alle teenstand die pad na die eindstryd gevee het, maar nooit daardie selfde rugby in die eindstryd teen Bastion van UJ opgedis nie.

Nietemin het Vishuis die spogregte vir die volgende jaar as beste rugbykoshuis in die land. Hul sege het ook nogmaals beklemtoon dat Kovsies se koshuisrugby die sterkte in die land is.

Reitz, deesdae bekend as Heimat, het dit immers reeds in 2007 gewys toe hulle daardie jaar in die Superbowl-toernooi in Potchefstroom saam met Armentum ál hul wedstryde gewen het voor hulle mekaar in die eindstryd gepak het waar Reitz geseëvier het.

‘n Jaar later, die eerste van die Steinhoff Koshuisliga wat oor ‘n baie korter tydperk in George beslis is, kon ‘n Kovsie-span ook maklik met die louere weggestap het.

Armentum is op baie kort kennisgewing in kennis gestel dat hy die UV moet verteenwoordig nadat Reitz aan die toernooi onttrek is. Hoewel Armentum slegs een van sy drie wedstryde kon wen, was dit so hittete of hy het die beker verower. Armentum het eers 0-0 gelykop teen die uiteindelike kampioenspan, Dagbreek gespeel, maar is toe uitgeskakel in ‘n skopstryd pale toe.

Hierna het nog ‘n gelykopuitslag (13-13) teen die Barbarians van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gevolg, maar hulle moes nogmaals as verloorder van die veld stap omdat die Oos-Kapenaars meer punte in die tweede helfte aangeteken het. Eindelik het Armentum in sy laaste wedstryd Colts (Universiteit van Kaapstad) 53-6 verniel.

Wat Vishuis se sukses vanjaar so merkwaardig maak, is die feit dat hulle verlede jaar die eerste keer in 26 jaar die UV se koshuisliga kon wen.

Dis net nogmaals ‘n bewys hoe straf en van ‘n baie hoë gehalte Kovsies se koshuisliga is. Die Shimla-breier Jaco Swanepoel het juis al by ‘n paar geleenthede gesê hy kan met gemak spelers uit die koshuisliga na die Shimla-span optrek.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment