Get Newsletter

Louw se skopskoen kan deurslag gee

Hanro Beyers Louw, linkervleuel van Steinhoff Vishuis, se skopskoen kan heel moontlik die verskil tussen wen en verloor wees wanneer hulle in Maandag se eindstryd van die Steinhoff Koshuisliga teen Steinhoff Dagbreek (Maties) slaags is.

Die wedstryd, om 4.15nm, word in die Danie Craven Stadion in Stellenbosch beslis en is die hoofvoorwedstryd vir die 2010 Varsitybeker eindstryd tussen Maties en Ikeys.

Louw was nie net een van Vishuis se vormspelers in die Steinhoff Koshuisliga nie (hy het in al vier Vishuis se wedstryde ‘n drie gaan druk), maar het ook met sy goeie stelskopwerk beïndruk.

Hy het 80 punte (‘n gemiddelde van 20 punte per wedstryd) in die reeks opgestapel en spog met ‘n suksessyfer van 77%.

“Ek skop al van Graad Een af pale toe en was maar nog altyd my span se stelskopper,” het hy aan varsitycup.co.za gesê.

“Omdat ek ‘n eerstejaar student is, is ‘n ou se tyd maar beperk en kry jy nie altyd so baie tyd vir oefening nie. Ek probeer maar oor naweke daaraan slyp.”

Hy sê hy het vroeër vir ‘n rukkie van sy normale skoproetine afgewyk, maar vinnig weer daarna teruggekeer.

“Ek het daardie skopsessies van Braam van Straaten bygewoon en my manier van skop bietjie aangepas. Dit het daarna egter nie goed met my skopwerk gegaan nie en het ek maar besluit om terug te keer na die manier hoe ek my hele lewe al skop.”

Hy is nie te ongemaklik met die moontlikheid dat Stellenboasch se wind vanmiddag ‘n impak op die wedstryd kan hê nie. “Nee-wat, hulle voorspel die wind gaan stil wees. Ek het in alle geval al vroeër vanjaar teen Dagbreek in die wind geskop.”

Vishuis het daardie dag, in albei spanne se eerste wedstryd van die reeks, 24-7 gewen.

Ofskoon Louw (op foto in aksie vir OP Platteland) al bykans elke posisie in die agterlyn gespeel het, was dit vir hom ‘n aanpassing om vir Vishuis in die Nr.11 diens te verrig. “Ek verkies maar buitesenter waar ek die meeste van my hoërskoolrugby gespeel het.”

Vir sy skool, Hoërskool Marlow, was hy en ‘Vossie’ van Straten vir baie jare sentermaats. Van Straten speel vandag steeds in daardie posisie vir Vishuis.

Louw, wat verlede jaar vir die Oostelike Provinsie Platteland in die Cravenweek gespeel het, sê Vishuis se aanvallende benadering pas hom en geniet hy dit om bal in spasie te kry.

Hy is groot vir ‘n vleuel (1.85m en 101 kg) maar sê dit help nie jy is groot en sterk maar het geen skill nie.

Hy sê ook die Koshuisliga was vir hom ‘n goeie leerskool gewees. “Toe ek aan die begin van die jaar Vishuis toe gekom het het ek nie eens geweet van die Steinhoff Koshuisliga nie.

“So ek is baie bly om hierin te kon gespeel het. En as ons vandag wen sal dit een van my rugby hoogtepunte wees.”

Die spanne:

Steinhoff Dagbreek: 15 Ryan Nell, 14 Jonathan Snyman, 13 Lukas Kruger, 12 Loutjie Uys, 11 Danie Kritzinger, 10 Deon Lourens, 9 Prieur de Jager, 8 Frans de Bruin, 7 Marius Reitz, 6 Sybrand Engelbrecht, 5 Herman Nortjé, 4 Jaco Jacobs, 3 Stephan Slabbert, 2 Cornel Nieuwoudt (kaptein), 1 AJ Van Reenen.
Plaasvervangers: 16 Pierre Fouche, 17 Bakkies Reyneke, 18 Pieter Hendrik Greyling, 19 Jaco Janse van Vuuren, 20 Enem Kritzinger, 21 John Uys, 22 Danie van Wyk.

Steinhoff Vishuis: 15 AJ Koertzen, 14 Cameron Jacobs, 13 Barend Landman, 12 Francois van Straten, 11 Beyers Louw, 10 Willem Conradie, 9 Enrico Acker, 8 Gerhard Meyer, 7 Jos de Klerk (kaptein), 6 Ryno Fourie, 5 William Clift, 4 Jaco Lambrecht, 3 JP van Rooyen, 2 Martin Ferreira, 1 Richard Harris.
Plaasvervangers: 16 Cobus vd Westhuizen, 17 Milo Moholo, 18 J C Astle, 19 Eben van Zyl, 20 Erick Colyn, 21 Adrian Fransman, 22 Bennie Pretorius.

Datum: Maandag, 29 Maart
Plek: Danie Craven Stadion
Afskop: 4.15nm (Regstreeks op SuperSport Een)

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment