Get Newsletter

Majuba reg vir Barbarians

Steinhoff Majuba pak Maandagaand die Barbarians van PE, in wat sonder twyfel gesien sal word as ‘n beslissende uitspeelwedstryd vir ‘n plek in die semifinaal van vanjaar se Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskap.

Majuba keer terug na Stellenbosch na ‘n teleurstellende nederlaag van 19-61 teen die span van Huis Armentum in Bloemfontein, terwyl die span van NMMU met selfvertroue in Maandagaand se wedstryd sal ingaan na hul oorwinning van 8-5 oor die UCT Cobras.

Majuba is Maandagaand voorlangs deur die swaar voorhoede van Armentum gedomineer, maar het op tye belowende en opwindende rugby opgedis wat baie beloof vir die toekoms.

Daar is hierdie week hard gepraat onder die spelers en daar is sonder twyfel ‘n ooglopende veggees wat moeilik deur teenstanders onderdruk sal word.

Die wedstryd sal afskop om 6.30nm en daar word beloof dat die Majubane aantreklike, hardlooprugby gaan opdis met ‘n vinnige, vaardige agterlyn wat onder meer bestaan uit Matie-spelers JC vd Walt, Monty Rohwer, Nathanael Pekeur en Stefan de Villiers.

Voorlangs lyk die lynstane goed, met nie minder nie as vier potensiële springers, wat die teenstanders sal laat kopkrap. Majuba besit oor ‘n lig, maar uiters mobiele pak voorspelers wat talle vrae aan teenstanders by die afbreekpunte vra.

Aangename weer word vir Maandag voorspel en as die Maties soos gewoonlik as wenners van die veld kan stap, kan die groot getal Maties-ondersteuners en die tuisveld-voordeel ‘n verdere motivering vir die manne van Majuba wees!

Deur Abrie van Zyl

ADVERTISEMENT

Join free

Tackling reasons for drop-out in sport | Zainab Alema | Rugby Rising Locker Room

Krakow | Leg 3 | Day 2 | HSBC Challenger Series | Full Day Replay

Kubota Spears vs Tokyo Sungoliath | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

Jet Lag: The biggest challenge facing international sports? | The Report

Boks Office | Episode 39 | The Investec Champions Cup is back

Rugby’s Greatest Rivalry? | New Zealand & Australia | Sevens Wonders | Episode 5

Kobelco Kobe Steelers vs Toshiba Brave Lupus Tokyo | Japan Rugby League One 2024/25 | Full Match Replay

The Rise of Kenya | The Report

Write A Comment