Get Newsletter

Maroela will skaaf

Tuks se Steinhoff Maroela-span sal die volgende twee weke gebruik om die foute reg te skaaf wat hom so byna ‘n plek in die halfeindronde van die 2010 Steinhoff-koshuisreeks gekos het, sê die afrigter, HJ Swanepoel.

Steinhoff Maroela het gistermiddag in Pretoria sy plek in die uitspeelronde bespreek met die naelbytsege (25-22) oor Steinhoff Villagers (FNB Pukke).

Steinhoff Maroela eindig eerste in die noordelike afdeling en speel op 22 Maart tuis in die halfeindronde teen die naaswenner van die suidelike afdeling.

Swanepoel was beïndruk met Steinhoff Maroela se veggees, want “ons moes die grootste deel van die wedstryd vir ‘n vale keer”.

“Ons het onsself met te veel mislukte eerste duikslae onder onnodige druk geplaas, maar toe dit regtig saakgemaak het, het ons ons doellyn soos goud opgepas,” het hy bygevoeg aan varsitycup.co.za. “Die span het baie karakter gewys.”

Swanepoel meen ook dat Steinhoff Maroela te veel strafskoppe naby sy eie pale afgestaan het, wat die besoekers toegelaat het om hul neuse tot in die voorlaaste minuut voor te hou.

“Dit was byna soos klokslag dat ons elke keer wanneer ons punte behaal het, onmiddellik weer punte afgestaan het. Ons kan nie in die halfeindronde bekostig om 15 punte met strafskoppe teen ons te laat aanteken nie. Ons sal ons dissipline moet verbeter.”

Volgens hom sal daar in die volgende twee weke ook hard aan Maroela se fiksheid gewerk word.

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment