Get Newsletter

Meer teleurstelling vir Bastion

Steinhoff Bastion kon Maandagaand nie aan ‘n sewe-punt voorsprong vasklou om teen Steinhoff Maroela in die 2010 Steinhoff Koshuisliga te wen nie.

Dit was ‘n fisiese wedstryd waarin albei spanne alles gegee het, maar Steinhoff Maroela het uiteindelik met 19-16 as wenners uit die stryd getree.

Steinhoff Batsion het in die eerste twintig minute gedomineer en in die manne van Tuks se helfte geboer. Hulle kon wel in díé tydperk slegs  met ‘n skepskop deur losskakel Pusher Janse van Vuuren slaag.

Adriaan Bornman, Steinhoff Maroela se heelagter, kon eers in die negentiende minuut antwoord met ‘n 45-meter strafskop. Steinhoff Bastion se Corné Janse van Vuuren het dadelik weer gereageer met ‘n strafskop.

Bornman het egter net ‘n paar minute later self weer die bal deur die pale te jaag om die telling weer gelykop te maak.

Steinhoff Bastion moes besef het dat díé wedstryd niedeur strafskoppe bepaal kan word nie en flink spel deur Merlot van der Merwe het verseker dat Maximus Ngcobo agter die pale sy drie kon druk. Corné Janse van Vuuren het die drie verdoel vir Bastion om 13-6 te laat voorloop.

‘n Strafskop deur Bornman en Janse van Vuuren onderskeidelik het gesorg dat die manne kan gaan water drink met die telling op 16-9.

Dit was wel Steinhoff Bastion se laaste punte vir die wedstryd, na Janse van Vuuren nie vroeg in die tweede helfte met ‘n strafskop van 50 meter kon slaag nie.

Bornman het self daarna met ‘n strafskop misluk, maar ‘n drie in die negende minuut van die tweede helfte deur agsteman Rudolph Smith het Steinhoff Bastion geknak.

Steinhoff Maroela se agterlyn het telkemale met gemak oor die voordeellyn gebars om volgehoue druk op Steinhoff Bastion toe te pas.

Swak dissipline deur Steinhoff Bastion het egter verseker dat Steinhoff Maroela konstant balbesit in Bastion se helfte geniet het. Die laaste spyker in Steinhoff Bastion se doodskis was toe Bornman nog ‘n strafskop deur die pale gejaag het.

‘n Teleurgestelde Steinhoff Bastion-afrigter, Tobie Kirkham, het na die wedstryd aan varsitycup.co.za gesê “ons was nou die afgelope drie wedstryde die beste span op die veld, maar elke keer an die verloorkant. So leer mens maar uit jou foute.

“Toe ons 16-9 voor was, moes ons die knoop deur gehaak het. Ons agterlyn te veel hanteer foute gemaak en ons het nie ons kanse benut nie.”

Paul van der Westhuizen, Steinhoff Maroela se afrigter, het gesê “ons het dit glad nie verwag nie. Dit was moeilik om die outjies gemotiveerd te hou”.

Hy het bygevoeg: “Ons span bestaan uit ‘n oormaat eerstejaars want ons het nie veel diepte nie. Vanaand was wel ‘n spanpoging.”

Steinhoff Bastion kom nou volgende week weer op UJ stadion teen Steinhoff Patriot (van TUT) te staan (afskop 5nm).

Die spanne:

Steinhoff Bastion: 15 W Buys, 14 SC Ngobo, 13 K Redelinghuys, 12 A Vermeulen, 11 M Modisinyane, 10 C Janse van Vuuren, 9 T van der Merwe, 8 M Burger, 7 A Coetzee, 6 RJ Liebenberg, 5 H de Kock, 4 J Havinga, 3 J van der Weathuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 P de Bruyn.
Plaasvervangers: 16 J Africa, 17 B Esterhuizen, 18 J Kurkham, 19 P Meyer, 20 M Shuping, 21 R Janse van Rensburg, 22 Van Zyl, 23 B Verhoef.

Steinhoff Maroela: 15 Adriaan Bornman (captain), 14 Ben Burger, 13 Riaan Kotze, 12 Chris Ehlers, 11 Henri Beyer, 10 Stanley Twiname, 9 Jan-Spruyt Steenkamp, 8 Rudolph Smith, 7 Theunis Jacobs, 6 Fritz Reyners, 5 Francois Webb, 4 Martin Smith, 3 Wihan Visagie, 2 Dirk Landman, 1 Claude Brink.
Plaasvervangers: 16 André Erasmus, 17 Pieree Joubert, 18 Wayde O’Donoghue, 19 Luvan Cass, 20 Franna van Wyk, 21 Jaco Myburgh, 22 Frank Hoffman, 23 Jason Arundale.

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment