Get Newsletter

Meyer glo in Vishuis se wenkanse

Vishuis se mees ervare speler, Gerhard Meyer (agtsteman) is oortuig sy span beskik oor die skietgoed om vanjaar die Steinhoff Koshuisliga te wen.

Hulle kom vandag tuis teen Steinhoff Villagers (Pukke) in een van die halfeindwedstryde te staan ná Vishuis al hulle groepwedstryde gewen het.

Volgens die 23-jarige Meyer was die span se doel van die begin af om die beker in te palm.

Die B.Com Finansiële Bestuur student in sy sesde jaar, het Vishuis se eerste maand van voorbereiding weens rugbyverpligtinge oorsee misgeloop. Hy het verlede jaar vir vyf maande vir ‘n klub in Skotland gespeel.

“Toe ek by Vishuis aansluit kon ek sien die manne is reg ingestel en wil daai beker wen. Almal werk in dieselfde rigting en boonop is hier baie talent onder die manne,” het hy aan varsitycup.co.za gesê.

Meyer was tot dusver een van Vishuis se vormspelers. Hy word met vrug as baldraer aangewend om span op die voorvoet te kry.

“Ja, ek hou van my rol as baldraer, maar geniet veral die fisiese aspek van die spel. Ek probeer ook om die teenstanders te ontwrig en om as senior speler leiding te gee.”

Hy is ook ‘n lynstaan opsie sou hy benodig word, want hy het gereeld in die verlede slot gespeel en selfs een wedstryd op voorry uitgehelp.

“Ek verkies losvoorspeler, maar dit maak nie saak nie, solank ek net vir Vishuis kan speel.”

‘Moekie’, soos hy onder sy spanmaats bekend is, speel vanjaar in sy vierde seisoen vir Vishuis se eerstespan en het al oor die 50 wedstryde vir die swart truie uitgedraf.

Hy sê sy doelwit vir die jaar is om Vishuis weer in Kovsies se koshuisliga tot die eindstryd te help. “Ek sal graag ook Shimlas se span wil maak, sou hulle weer vir die nasionale klubkampioenskap kwalifiseer.

“Ek is verlede jaar vir die span gekies, maar was reeds op pad Skotland toe.”

Oor sy rugbyervaring in Europa, sê Meyer dit was iets verskrikliks koud, maar tog lekker.

“Dis nogal harde rugby met verskeie spelers van ander lande wat daar speel. Ek sal die standaard met die Vodacombeker vergelyk.”

Hy hoop om volgende jaar weer in Skotland of elders oorsee te gaan speel, maar wil eers vanjaar sy studies voltooi.

Sy pa, Deon, het in die 1980s vir Oostelike Provinsie op voorry uitgedraf.

* Intussen is drie veranderinge aan Vishuis se beginspan aangebring. Willem Conradie neem weer die losskakel posisie in, terwyl Ryno Fourie volkome van ‘n besering herstel het en in Eben van Zyl se plek op flank gekies is. Die ander verandering is op losskop stut waar Cobus van der Westhuizen bo Michael van Vuuren gekies is.

Van Zyl en Colyn skuif na die plaasvervangerbank.
 
Die Steinhoff Vishuis span: 15 AJ Coertzen, 14 Bennie Pretorius, 13 Barend Landman, 12 Francios van Straaten, 11 Beyers Louw, 10 Willem Conradie, 9 Enrico Acker, 8 Gerhard Meyer, 7 Jos de Klerk (kaptein), 6 Ryno Fourie, 5 Jaco Lamprecht, 4 William Clift, 3 JP van Rooyen, 2 Martin Ferreira, 1 Cobus van der Westhuizen.
Plaasvervangers: 16 Richard Harris, 17 Milo Moholo 18 JC Astle, 19 Eben van Zyl, 20 Erick Colyn, 21 Skillie Fransman, 22 Cameron Jacobs.
 
Hoofafrigter: Jan Earle
 
Datum: Maandag, 22 Maart
Afskop: 6nm
Plek: Shimlapark

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment