Get Newsletter

'Moet-wen' vir Bastion

Die Steinhoff Bastion span besef as hulle vandag teen Steinhoff Maroela (van Tuks) kan wen, die pad na die volgende ronde van die 2010 Steinhoff Koshuisliga effens makliker kan wees.

Marius Burger het aan varsitycup.co.za gesê “dit is ‘n moet-wen vir ons vandag, anders is ons uit”.

Die span van die Universiteit van Johannseburg (UJ) het drie veranderinge aan die beginspan, wat naelskraap (verlede Maandag) teen Steinhoff Villagers – van Pukke – verloor het, gemaak.

Beet Buys, Juffrou Vermeulen, Gwarra Liebenberg en Maniak van der Westhuizen kon nie in verlede week se wedstryd deelneem nie omdat hulle verpligtinge vir hul onderskeie UJ spanne moes nakom.

“Hulle behoort wel ‘n verskil te maak in vandag se wedstryd,” het Burger gesê.

Steinhoff Maroela het verlede week gemaklik met 42-15 teen Steinhoff Patriot van TUT geseëvier. Hul afrigter, Paul van der Westhuizen, het na die wedstyd aan varsitycup.co.za gesê dat hulle fiksheid nie op pyl is nie en hulle nog beter sal presteer soos wat hulle fiksheid elke week verbeter.

Dit gaan definitief een van die taaiste wedstryde wees in die Noordelike streek van die Steinhoff Koshuisliga. Die wedstryd skop om 16.30 af, waarna die UJ teen die Ikeys in hul Varsitybeker-stryd te staan kom.

Die spanne:

Steinhoff Bastion: 15 W Buys, 14 SC Ngobo, 13 K Redelinghuys, 12 A Vermeulen, 11 M Modisinyane, 10 C Janse van Vuuren, 9 T van der Merwe, 8 M Burger, 7 A Coetzee, 6 RJ Liebenberg, 5 H de Kock, 4 J Havinga, 3 J van der Weathuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 P de Bruyn.
Plaasvervangers: 16 J Africa, 17 B Esterhuizen, 18 J Kurkham, 19 P Meyer, 20 M Shuping, 21 R Janse van Rensburg, 22 Van Zyl, 23 B Verhoef.

Steinhoff Maroela: 15 Adriaan Bornman (kaptein), 14 Ben Burger, 13 Riaan Kotze, 12 Chris Ehlers, 11 Henri Beyer, 10 Stanley Twiname, 9 Jan-Spruyt Steenkamp, 8 Rudolph Smith, 7 Theunis Jacobs, 6 Fritz Reyners, 5 Francois Webb, 4 Martin Smith, 3 Wihan Visagie, 2 Dirk Landman, 1 Claude Brink.
Plaasvervangers: 16 André Erasmus, 17 Pieree Joubert, 18 Wayde O’Donoghue, 19 Luvan Cass, 20 Franna van Wyk, 21 Jaco Myburgh, 22 Frank Hoffman, 23 Jason Arundale.

Afskop: 5nm

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment