Get Newsletter

Nog 'n oorwinning for Vishuis

Vishuis het weer sy Steinhoff Koshuisrugby wenresep toegepas in ‘n flambojante sege oor Armentum in die sesde week van die Shimlas Steinhoff Koshuis-rugbyliga.

Die Varsitybeker Koshuisrugby kampioen was met ‘n reuse telling van 70-12 baas. Vishius het sy tradisionele spel gespeel deur sy teenstander met sy groot voorspelers sag te maak en die bal dan vinnige punte toe na sy blitsige vleuels te stuur.

Die span in swart kon 11 drieë op sy telkaart invul teenoor die twee van Armentum. Martin Fereirra, Vishuis se haker, het vier keer agter die Armentum-lyn gaan kuier terwyl Divandré Strydom (reserwe vleuel) ook drie keer gaan druk het. Strydom, wat vier drieë vir Shimlas in die afgelope Varsitybeker kompetisie gedruk het, het vir Cameron Jacobs vervang op regtervleuel. Jacobs en Stephan Smit het elk ook met ‘n drie weggestap.

Vishuis se ander twee drieë is deur Waldo Lategan (heelagter) aangeteken. Lategan is bekend vir sy vermoë om aansluiting te vind by sy agterlyn en dan met gevaarlike hardlooplyne die opposisie sel verdedigings lyn oop te breek.

Erik Colyn (losskakel), jonger broer van die Shimla kaptein Jaco het gewys dat hy in sy broer se voetspore volg. Erik het sewe van sy span se 11 drieë verdoel en ook ‘n strafskop deur die mikke gejaag. Hy kan baie tevrede voel met die 17 punte wat hy tot sy span bygedra het. Armentum kon darm ‘n bietjie waardigheid herwin toe Leon Pretorius en Zian Gerritz elk ‘n drie gedruk het. Pieter Myburgh (losskakel) van Armentum kon een van die drieë verdoel.

In ‘n ander kragmeting het Veritas teen Heimat in ‘n naelbyt stryd testaan gekom.

Die wenner van die kragmeting sou bepaal wie die tweede plek op die puntelys agter JBM in neem. Veritas het vir die eerste keer in omtrent 20 jaar regekry om Heimat (voorheen Reitz) te klop. Die telling was 24-20 vir die Veritas-manne. Heimat het twee bonuspunte opgeraap deur met minder as sewe punte te verloor en ook vier keer te gaan druk. Dit was egter nie genoeg nie want Veritas beklee nou die tweede plek op die ranglys met slegs ‘n punt wat hom en Heimat skei.

In nog ‘n wedstryd het die UV Jongspan teen Karee gespeel.

Die Jongspan, wat voorheen as die o/19’s bekend gestaan het, saai verwoesting in vanjaar se koshuisliga. In al drie sy vorige wedstryde het die Jongspan dit reggekry om nie net te wen nie maar ook ‘n bonuspunt los te slaan. Karee, wat laaste in die liga lê, het in ‘n aksiebelaaide wedtsryd verhinder dat die Jongspan sy vierde bonuspunt van die jaar kry. Albei spanne het konserwatiewe rugby gespeel en het foute tot ‘n minimum beperk. Die Jongspan het egter die oorhand gehad en het die kragmeting met 18-3 gewen.

Alhoewel JBM ‘n loslooitjie gehad het, is hy steeds die voorloper op die puntelys. Dié koshuis nog net een wedstryd verloor (teen die UV Jongspan.)

Shimlas Koshuisliga punteleer:
(Wedstryde gespeel, gewen, totaal punte)
1. JBM 5, 4, 18
2. Veritas 5, 3, 13
3. Heimat 5, 2, 12
4. Vishuis 3, 2, 11
5. Armentum 5, 0, 1
6. Karee 3, 0, 0
* UV Jongspan 4, 4, 19

* Die UV Jongspan neem slegs aan die eerste rondte van die kompetisie deel dus word hul nie in aggeneem in die rang- en puntemakerlys nie.

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment