Get Newsletter

Pa en seun span kragte saam

Dis nie aldag dat jou pa jou afrigter is en boonop dieselfde posisie as jy gespeel het nie. Hierdie rare geval speel hom in die Steinhoff Koshuisliga af waar pa Sias van Rensburg die afrigter van Steinhoff Villagers (Pukke) is waar sy seun (Sarel) die vasskop stut van die span is.

Sias brei Villagers die afgelope twee waar Sarel al vier jaar vir die eerstespan uitdraf. Sias rig sy 23-jarige seun al sedert nege-jarige ouderdom af.

“Ja ek is nou al 18 jaar in die afrigting betrokke en het al begin afrig toe ek self nog gespeel het.

“Ek het tot op ouderdom 46 nog op stut uitgedraf, so jy kan sien ek het ‘n groot passie vir die spel.

“Daarom rig ek verskeie spanne af,” het die 52-jarige Sias gesê aan varsitycup.co.za.

Volgens hom is dit ‘n groot voorreg om sy seun onder hande te neem en geniet hy dit baie. Hy sê Sarel kry geen voorkeurbehandeling bo die ander spelers in die Villagers-span nie.

“Trouens, ek is soms seker bietjie ekstra hard op hom. Maar ons het ‘n baie goeie verhouding en is beste pêlle. “Ongelukkig skree ons net nie vir dieselfde span nie. Hy (Sarel) is ‘n Shark en ek ondersteun die Cheetahs.”

Volgens Sarel het hy oor die jare al baie oor die spel by sy pa geleer.

“Dis my pa wat destyds vir my besluit het om voorry te gaan speel. Vandag is ek ewe gemaklik aan albei kante van die skrum.

“Ek sou sê die losskop posisie is bietjie makliker, waar vasskop weer meer uitdagend is met ‘n groter verantwoordelikheid om byvoorbeeld ‘n regterskouer te kry.”

Hy beskou die Springbok BJ Botha, wat tans sy rugby by Ulster in Ierland speel, as ‘n speler na wie hy opkyk.

“Wat ek van BJ waardeer is dat hy nie die grootste speler is nie, maar tegnies baie goed skrum. Ek is self maar so 110kg en probeer dit tot my voordeel gebruik deur onder my teenstander in te skrum.”

Van Rensburg sal nie maklik daardie voordeel in vandag se halfeinstryd van die Steinhoff Koshuisliga teen Steinhoff Vishuis kry nie, want sy direkte teenstander, Cobus van der Westhuizen, is self aan die kort kant. Maar, wat Van Rensburg waarskynlik nie weet nie, is dat Van der Westhuizen eintlik ‘n haker is. Hy sal dus Van der Westhuizen se onervarenheid in daardie posisie wil uitbuit.

Villagers het eers vanoggend hul span gefinaliseer weens die feit dat vier spelers eers vanoggend ‘n fiksheidstoets moes geslaag het.

Drie van die vier (Albert Sorgdrager, Sarel van Rensburg en Pelser Uys) het egter geslaag en sal vandag op hul pos wees.

Van Rensburg het drie veranderinge aan die beginspan aangedring wat verlede week met Patriot afgereken het. Dan Bensusan is terug op agtsteman in Jan Breedt se plek wie na slot skuif.

Uys, wat verlede week slot gespeel het, skuif af na die bank. En Bernie van Rooyen is in Tielman Roos se plek op flank gekies.

Die Steinhoff Villagers span: 15 Jeandré Small, 14 Kevin Thompson, 13 Dirk Fourie, 12 Wally Dreyer, 11 Johan de Kock, 10 WD Botha, 9 JD Joubert, 8 Dan Bensusan, 7 Thys Ellis, 6 Bernie van Rooyen, 5 Jan Breedt, 4 Albert Sorgdrager (kaptein), 3 Sarel van Rensburg, 2 Wessel van der Merwe, 1 Conrad Lombaard.
Plaasvervangers: 16 Ferdie Nieman, 17 Dylan Herbert, 18 Pelser Uys, 19 Tielman Roos, 20 Francois Wolfaardt, 21 Divan Vosloo, 22 George Bensusan/Nilian Harmse.
 
Hoofafrigter: Sias van Rensburg
 
Datum: Maandag, 22 Maart
Afskop: 6nm
Plek: Shimlapark

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment