{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Semifinaal tyd: 'n Ander perspektief

Albert van der Merwe, van die Maties se Steinhoff Dagbreek span, skryf vir ons ‘n verslag na sy span se 15-5 oorwinning oor die Steinhoff Tornadoes (UK) op Maandag – ‘n resultaat wat hulle ‘n plek in die Steinhoff Koshuisliga semifinale verseker het.

Maandag die 15de Maart het Dagbreek hul finale groepwedstryd teen die Tornadoes van UCT gespeel. Dit was ‘n ‘must-win’ vir beide spanne en die wenner sou ‘n plek in die semifinaal verseker.

Soos gewoonlik was dit ‘n winderige dag in die Kaap en die speelkondisies op UCT se hoofveld was alles behalwe maklik.

Die wedstryd het afgeskop teen ‘n woelige spoed met die Tornadoes wat, as gevolg van die feit dat hulle eerste helfte teen die wind gespeel het, elke bal prober hardloop het. Dagbreek se verdediging het egter aanval op aanval gekelder en was eerste op die bord te dankie aan ‘n suksesvolle strafskop deur die heelagter Deon Lourens.

Dagbreek het met die verloop van die helfte meer hul voete begin vind en het die wind goed tot hul voordeel benut. Dit was nie lank voor Dagbreek hul eerste drie gedruk het nie deur die vleuel Jonothan Snyman.

Deon Lourens was suksesvol met die stelskop. Die Tornadoes het egter goed teruggeveg aan die einde van die eerste helfte en was beloon met ‘n drie, om die halftyd telling op 10-5 in Dagbreek se guns te laat.

Die tweede helfte het teen dieselfde hoe tempo verloop en beide spanne het alles gegee op die aanval en verdediging. Dagbreek het juis hier hul reserwes goed benut, en veral die twee reserwe flanke, Jaco Janse van Vuuren en Marius Reitz het ‘n groot impak gehad. Die Tornadoes het nie die wind, wat in die tweedehelft agter hul rue was, goed benut nie, en Dagbreek het met goeie verdediging hulle vasgepen gehou in hul eie helfte.

Tien minute van voltyd het Dagbreek se plaasvervanger heelagter Ryan Nell die lyn gebreek met ‘n goeie agterlyn beweging en Dagbreek se spoedvraat vleuel, Danie Kritzinger, het agter die lyn gaan draai vir Dagbreek se tweede drie.

Hierna het Dagbreek met nuwe energie hul doellyn verdedig, en die telling sou onveranderd bly op 15-5 in Dagbreek se guns.

Dit was weer eens ‘n titaniese stryd, maar na ‘n taai wedstryd in goeie gees het die manne van Dagbreek met die wen weggekom.

Nou sien ons uit na ons semifinaal te Pretoria, teen die span van Maroela (Tuks). Dankie aan die borge vir die geleentheid en ondersteuning. Die Bloutrein loop nog volstoom op sy spore!

Deur Albert van der Merwe

Click here for the initial match report – including all scorers – from Monday!

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment