Get Newsletter

Tweede plek geen opsie vir Bastion

Steinhoff Bastion van die Universiteit van Johannesburg (UJ) weet hulle kan beter in die 2010 Steinhoff Koshuisliga. Vir dié manne is tweede plek nie ‘n opsie nie!

Hulle begin vanaand se eerste Steinhoff Koshuisliga-wedsryd teen Steinhoff Villagers (Pukke) met die pyn en hartseer van verloor in ‘n eindstryd vars in hulle gedagtes.

Steinhoff Bastion moes verlede Maandagaand in die UJ se klipharde Uitklopliga-eindstryd die knie buig teen Dromedaris. Die telling was 17-16.

Díé twee spanne het mekaar ook die stryd aangesê in verlede jaar se Steinhoff UJ Koshuisliga-eindstryd waar Bastion met 3-0 as wenners uit die stryd getree het en gekwalifiseer het vir die 2010 Steinhoff Koshuisliga.

Steinhoff Bastion se kaptein, Marius ‘Snoek’ Burger, het aan varsitycup.co.za gesê “ons het ‘n les geleer uit die wedstryd uit”.

Hy het bygevoeg: “Ons het slapgelê en focus verloor toe ons voor was ek is net bly dit het nie in die Varsity Cup (Steinhoff Koshuisliga) gebeur nie.”

Steinhoff Bastion het kennis geneem dat Steinhoff Villagers ‘n groot pak voorspelers het en Burger sê “ons pak domineer gewoonlik. Dit sal interessant wees om te sien wat gebeur vandag”.

Vier van Steinhoff Bastion spelers is ook gekies om vandag vir die onderskeie UJ spanne teen die Pukke te speel, maar dit het gelukkig volgens Buger nie groot ontwrigting veroorsaak nie.

Die wedstryd skop 16:30 af en dien as voorwedstryd vir die Varsitybeker-stryd tussen Pukke en die UJ by die Fanie du Toit Stadion.

Die Steinhoff Bastion span: 15 Q Maqwentshu, 14 SC Ngcobo, 13 K Redelinghuys, 12 B Verhoef, 11 M Modisinyane, 10 C Janse van Vuuren, 9 T van der Merwe, 8 M Burger, 7 A Coetzee, 6 M Shuping, 5 H de Kock, 4 J Havinga, 3 J van der Westhuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 P de Bruyn.
Reserwes: 16 J Africa, 17 J Kurkham, 18 P Meyer, 19 J van der Walt, 20 N van Zyl, 21 A Tripp, 22 C Janse van Rensburg.

Afskop: 4.30nm
Plek: Fanie du Toit Stadion, Potchefstroom

Deur Riaan Bam

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment