{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Villagers gerat vir Maroela-uitdaging

Ofskoon hy nie daar kon wees toe Steinhoff Villagers hul voorbereiding vir Maandag se Steinhoff Koshuisliga-wedstryd teen Maroela (Tuks) afgesluit het nie, glo hy nie dit sal die span nadelig beïnvloed nie.

Sias van Rensburg, hoofafrigter van Villagers (Pukke), moes dringend verlede week om persoonlike redes George toe gaan en gevolglik kon hy nie teenwoordig by die laaste twee oefeninge wees nie.

“Maar ek vertrou die ouens en soos ek al in die verlede gesê het, vir ‘n dorpskoshuis is die ouens se toewyding baie goed en is hulle uiters volwasse.

“Boonop het ek ook volle vertroue in my kaptein (Albert Sorgdrager) om die leiding in my afwesigheid te geneem het,” het Van Rensburg aan varsitycup.co.za gesê.

Hy het net twee gedwonge veranderinge aan die span aangebring wat in sy eerste wedstryd oor Steinhoff Bastion van UJ koning gekraai het.

Bernie van Rooyen (flank) het harsingskudding opgedoen toe hy en Theo Ackerman (vleuel) in die wedstryd teen mekaar gebots het. Thys Ellis is in Van Rooyen se plek in die beginspan gekies, maar laasgenoemde sal dalk steeds op die bank gekies word, afhangende van ‘n mediese verslag. Anders sal Tielman Roos die nr.19-trui dra.

Ackerman (wat met ‘n enkelbesering sukkel) word op vleuel in die beginspan deur Dylan Daniel vervang. Daniel se plek op die plaasvervangerbank word deur George Bensusan ingeneem.

“Ek sien die veranderinge glad nie as ‘n verswakking nie, want ons het regtig goeie reserwekrag. Elke spelers bring in alle geval iets spesiaals na die tafel.”

Hy verwag ‘n taai stryd teen Steinhoff Maroela, wat ná twee wedstryde nog onoorwonne is.

“Die feit dat hulle nog nie ‘n wedstryd verloor het nie, sê iets van hul kwaliteit. Dit gaan hard wees en ‘n groot poging verg om hulle te klop, maar ons sien uit na ‘n interessante stryd.”

Maroela het Patriot 42-15 en Bastion 19-16 geklop.

Volgens Van Rensburg was daar nie spesifieke aspekte van hul spel waaraan hulle die afgelope twee weke (hulle het verlede week ‘n loslootjie gehad) tyd aan spandeer het nie.

“Ons het maar aan die basiese dinge gewerk en seker gemaak dat ons in alle fasette gerat is,” het hy verduidelik.
 
Die Steinhoff Villagers span: 15 Jeandré Small, 14 Kevin Thompson, 13 Dirk Fourie, 12 Wally Dreyer, 11 Dylan Daniel, 10 WD Botha, 9 Francois Wolfaardt, 8 Dan Bensusan, 7 Llewellyn van Blerk, 6 Thys Ellis, 5 Jan Breedt, 4 Albert Sorgdrager (kaptein), 3 Sarel Janse van Rensburg, 2 Wessel van der Merwe, 1 Conrad Lombaard.
Plaasvervangers: 16 Ferdie Nieman, 17 Dylan Herbert, 18 Pelser Uys, 19 Tielman Roos/Bernie van Rooyen, 20 JD Joubert, 21 Divan Vosloo, 22 George Bensusan.
 
Hoofafrigter: Sias van Rensburg
 
Afskop: 5nm
Plek: Tuks Rugby Stadion (Pretoria)

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment