Get Newsletter

Villagers kies ervare span

Die Steinhoff Villagers se bondgenoot in vanjaar se Steinhoff Koshuisliga, is hul ervare span.

Vyf van hul spelers draf Maandag (teen Steinhoff Bastion van Universiteit van Johannesburg) in hul vierde seisoen vir Villagers se eerste span uit.

Conrad Lombaard (stut), Albert Sorgdrager (slot en kaptein), Wally Dreyer (binnesenter), Kevin Thompson (regtervleuel) en Thys Ellis (plaasvervanger-flank) is almal baie ervare spelers en daar sal van hulle verwag word om teen Bastion, sowel as in die ander wedstryde in die kompetisie, die leiding op die veld te neem.

Met die uitsondering van Dan Bensusan (agtsteman), WD Botha (losskakel), Dirk Fourie (buitesenter) en Jeandré Small (heelagter) wat hulle debuut vir die Pukke se voorste koshuisspan maak, het al die ander spelers in verlede jaar se Koshuisliga-eindstryd teen De Wilgers gespeel.

Ironies genoeg is dit Botha se eerste wedstryd vir sy koshuisspan ná hy verlede jaar nog vir die Pukke uitgedraf het. Hy het egter vanjaar in onguns by afrigter Rudy Joubert geval en behoort nou een van Villagers se sleutelspelers te wees.

Hy is juis bekend as ‘n goeie besluitnemer op losskakel en behoort met sy skopskoen gevaar vir sy teenstanders in te hou.

Die Steinhoff Villagers span: 15 Jeandré Small, 14 Kevin Thompson, 13 Dirk Fourie, 12 Wally Dreyer, 11 Theo Ackerman, 10 WD Botha, 9 Francois Wolfaardt, 8 Dan Bensusan, 7 Llewellyn van Blerk, 6 Bernie van Rooyen, 5 Jan Breedt, 4 Albert Sorgdrager (kaptein), 3 Sarel Janse van Rensburg, 2 Wessel van der Merwe, 1 Conrad Lombaard.
Plaasvervangers: 16 Ferdie Nieman, 17 Dylan Herbert, 18 Pelser Uys, 19 Thys Ellis, 20 JD Joubert, 21 Divan Vosloo, 22 Dylan Daniel.

Hoofafrigter: Sias van Rensburg
 
Afskop: 5nm
Plek: Fanie du Toit Stadion, Potchefstroom

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment