Get Newsletter

Villagers seevier in doodsnikke

‘n Strafdoel in die doodsnikke deur WD Botha het Maandag aan Steinhoff Villagers ‘n naelskraapse sege in die openingsronde van die 2010 Steinhoff Koshuisliga besorg.

Botha het ‘n strafdoelpoging van 45 meter deur die mikke gejaag om Villagers 26-24 oor Steinhoff Bastion van UJ te laat seëvier.

Met speeltyd reeds verstreke is Bastion op sy tienmeterlyn vir ‘n hoogvat gestraf wat aan Botha die die geleentheid gegun het om 15 meter binne speelveld aan die linkerkant van die veld, die wedstryd in Villagers se guns te swaai.

Dit moet darem genoem word dat Bastion erg ontwrig is met vier van sy spelers wat minute voor die afskop onttrek moes word. Hulle moes vir hul universiteitspan, UJ, in die hoofwedstryd teen Pukke diens verrig.

Gevolglik was die besoekers die eerste 15 minute nie in die wedstryd nie en Villagers het dit goed uitgebuit deur ‘n 13-3 voorsprong op te bou.

Maar Bastion het stelselmatig sy fokus herwin en die agterstand na 8-13 laat krimp danksy ‘n drie deur losskakel Corné Janse van Vuuren. Maar ‘n verdoelde drie deur plaasvervanger-voorry Dylan Herbert het Bastion nogmaals onder druk geplaas.

Twee strafdoele deur Janse van Vuuren vir Bastion het egter sy span binne trefafstand (20-14) gehou wat ook die rustydtelling was. Botha en Janse van Vuuren het albei in die tweede helfte ‘n strafdoel aangeteken voor Rassie Janse van Rensburg (plaasvervager-heelagter) vyf minute voor die einde in die regterkanste hoekie vir Bastion gaan druk het.

Interessant genoeg was Janse van Rensburg nie eens veronderstel om te speel nie. Hy het as ‘n toeskouer by die veld opgedaag, maar moes inderhaas sy plek op die plaasvervangerbank weens die onttrekkings inneem.

Janse van Vuuren se suksesvolle doelskop het die UJ-span vir die eerste maal in die wedstryd voor geplaas. Maar dit was van korte duur en hulle moes toekyk hoe Botha se lang suksesvolle strafdoel ‘n oorwinning voor hulle neuse wegraap.
 
Die puntemakers:
 
Vir Steinhoff Villagers:
Drieë:
Van Blerk, Herbert
Doelskoppe: Botha 2
Strafdoele: Botha 3
Skepdoel: Botha

Vir Steinhoff Bastion:
Drieë:
Corné Janse van Vuuren, Rassie Janse van Rensburg
Doelskop: Janse van Vuuren
Strafdoele: Janse van Vuuren 4

Die spanne:

Steinhoff Villagers: 15 Jeandré Small, 14 Kevin Thompson, 13 Dirk Fourie, 12 Wally Dreyer, 11 Theo Ackerman, 10 W.D. Botha, 9 Francois Wolfaardt, 8 Dan Bensusan, 7 Llewellyn van Blerk, 6 Bernie van Rooyen, 5 Jan Breedt, 4 Albert Sorgdrager (kaptein), 3 Sarel Janse van Rensburg, 2 Wessel van der Merwe, 1 Conrad Lombaard.
Plaasvervangers: 16 Ferdie Nieman, 17 Dylan Herbert, 18 Pelser Uys, 19 Thys Ellis, 20 J.D. Joubert, 21 Divan Vosloo, 22 Dylan Daniel.

Steinhoff Bastion: 15 Q Maqwentshu, 14 SC Ngcobo, 13 K Redelinghuys, 12 B Verhoef, 11 M Modisinyane, 10 C Janse van Vuuren, 9 T van der Merwe, 8 M Burger, 7 A Coetzee, 6 M Shuping, 5 H de Kock, 4 J Havinga, 3 J van der Westhuizen, 2 E van der Westhuizen, 1 P de Bruyn.
Plaasvervangers: 16 J Africa, 17 J Kurkham, 18 P Meyer, 19 J van der Walt, 20 N van Zyl, 21 A Tripp, 22 R Janse van Rensburg.

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment