Get Newsletter

Vishuis bo na eerste rondte

Vishuis is bo-aan die puntelys aan die einde van die eerste rondte in die Kovsies Steinhoff Koshuisliga.

Vishuis het ‘n stadige begin gehad toe hy in sy eerste wedstryd van die liga teen Heimat vasgeval het. Ná dié nederlaag het hy sy sokkies opgetrek en die res van sy wedstryde gewen.

Dié koshuis se mees merkwaardigste oowining was dié een oor Armentum gewees. Die verdedigende kampioene het met 70-12 klaar gespeel met die span in blou. ‘n Speler wat baie potensiaal toon, is die haker Martin Fereira. Hy het vier drieë teen Armentum ingeryg.

Heimat het nie die eerste rondte nie so goed afgeskop soos wat hy wou nie. Hy het in sy eerste twee kragmetings onderskeidlik teen die UV se Jongspan en JBM vasgeval. Die JBM kragmeting was veral ‘n bitter-pil, want Heimat het dit met slegs een punt verloor.

Heimat is die enigste span wat in die eerste ronde Vishuis kon tem. Hy het die Steinhoff Koshuisrugby wenners met 10-8 geklop in sy eerste wedstryd nadat hy van sy Varsitybeker oorwinning terug gekeer het. Heimat is gelukkig om die dienste van ou strydosse te hê. Boer van Niekerk, Adolf Swiegers en André Malherbe is spelers met baie ondervinding wat teen die einde van die liga baie vir Heimat sal beteken.

Karee kan homself net die skuld gee vir hul power eerste rondte. Die span soek nog na sy eerste oorwinning. Hy begin goed maar sukkel om in die tweede helfte die uitklophou te plant. In sy kragmetings teen onderskeidlik Veritas en Armentum het hy teen rustyd voorgeloop maar kon nie op dié voorspronge voortbou nie. Karee se stelskoppe is ook nie na wense nie. ‘n Speler wat hom vanjaar laat geld, is die skrumskakel NW Smit. Smit se werkverigting is baie hoog en hy is ‘n goeie generaal vir sy voorspelers.

JBM Hertzog het hierdie jaar alle verwagtinge oortref. JBM het vier van sy ses kragmetings gewen en is op die tweede plek op die puntelys. Dié koshuis se agterlyn is veral gevaarlik en ‘n speler wat veral uitstaan vanjaar is die regtervleuel Pieter Coceran. Hy het ses drieë in dié span se ses kragmetings gedruk.

Huis Armentum was die koshuis kampioen van die 2009 Steinhoff Koshuisrugby kompetisie. Hy sukkel egter baie om daardie vorm te herwin. Hy kon slegs een kragmeting (teen Karee) wen. Die span het egter baie potensiaal en kan in die tweede ronde van die kompetisie sekere spanne hoofbrekens besorg. Jaco Henning (skrumskakel) toon baie potensiaal met die skop skoen terwyl sy algemene spel ook beïndruk.

Veritas het die eerste rondte baie goed begin en drie van sy ses kragmetings wen.

Sy merkwaardigste oorwinning was dié oor Heimat. Volgens gerugte is dit die eerste keer in omtrent 20 jaar is dat Veritas vir Heimat (voorheen Reitz) in koshuis-rugby kon klop. Veritas beklee die derde plek op die puntelys.

Shimlas Koshuisliga punteleer:
(Wedstryde gespeel, gewen, totaal punte)
1. Vishuis 5, 4, 20
2. JBM 6, 4, 18
3. Veritas 6, 3, 13
4. Heimat 5, 2, 12
5. Armentum 6, 1, 5
6. Karee 4, 0, 0
* UV Jongspan 6, 5, 24

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment