Get Newsletter

Vishuis mors met Madibaz

Steinhoff Vishuis het met ‘n reuse sege oor Steinhoff Madibaz – van NMMU – goeie momentum voor volgende Maandag se halfeindstryd van die 2010 Steinhoff Koshuisliga opgebou.

Vishuis het op Shimlapark in Bloemfontein Madibaz in ‘n baie eensydige wedstryd met 108-3 afgeransel en so ‘n waarskuwing aan hul teenstanders gerig dat hierdie span moeilik na die kroon gestuit gaan word.

Ja, Madibaz was nie naastenby in Vishuis se liga nie, maar die wyse waarop Vishuis nooit die voet van die pedaal gehaal het nie, het hul doelgerigtheid onderstreep. Teen Tornadoes twee weke gelede het Vishuis ook vroeg reeds ‘n groot voorsprong gehad, maar daarna gaan slaap en van hul struktuur afgewyk.

Die bonuspunt is reeds in die 14de minuut behaal, maar Vishuis verdien krediet deur nooit van hul struktuur af te wyk nie. Hulle het die een aanval na die ander geloots en Madibaz kon maar net hoop vir die eindfluitjie om te blaas. Hulle was nooit in die wedstryd nie en ‘n mens het ook nooit die indruk gekry dat hulle oor die skietgoed beskik om Vishuis se doellyn te oorbrug nie.

Vishuis het net twee minute nodig gehad om hul rekening te open.

Barend Landman (buitesenter) het vanaf ‘n skrum vyf meter van Madibaz se doellyn verspot maklik die besoekers se senterpaar geklop om onde die pale te druk sonder dat ‘n hand op hom gelê is.

Dít het reeds die indruk gewek dat die Baaise span nie dié partytjie gaan bywoon nie. En hulle het nie.

Want van die daaropvolgende afskop is die bal uit na Beyers Louw (linkervleuel) wat met min spasie steeds genoeg spoed gehad het om haksteke vir sy teenstanders te wys.

Bennie Pretorius se eerste van drie drieë (wat hy reeds in die eerste helfte behaal het) was danksy ‘n puik berekekende hoekskop deur skrumskakel Enrico Acker wat Pretorius goed opgevolg het om sy tweede en die span se vierde drie te druk.

Vishuis het alle aspekte van die spel oorheers en gereeld die besoekers van die Baai van hul eie bal af geskrum.

Vishuis se hantering en interaktiewe spel was ook ‘n aspek wat hulle baie selfvertroue vir volgende week se halfeindstryd sal gee.

Een van die mooiste drieë van die dag (en daar was ‘n paar) het in die 15de minuut van die tweede helfte gekom toe Vishuis besluit het om uit hul eie doelgebied te begin hardloop.

Skillie Fransman (plaasvervanger-vleuel) het die bal op vleuel gekry en danksy goeie ondersteunende spel AJ Coertzer (heelagter) aan sy binnekant gevind wat gaan druk het.

Louw, sy span se stelskopper, se bydrae met die skoen verdien ook melding. Hy het 14 van sy 16 pogings deur die mikke gejag, baie daarvan vanuit die hoekie. Dit het ook bygedra dat die span die 100-tal kon bereik. Louw het 33 van sy span se 108 punte aangeteken.

Die puntemakers:

Vir Steinhoff Vishuis:
Drieë:
Landman 2, Louw, Pretorius 3, Ferreira 3, De Klerk, Meyer, Coertzen 2, Van Straaten, Lamprecht, Fourie.
Doel-skoppe: Louw 14

Vir Steinhoff Madibaz:
Straf-skop:
Weyer

Die spanne:

Vishuis: 15 AJ Coertzen, 14 Bennie Pretorius, 13 Barend Landman, 12 Francios van Straaten, 11 Beyers Louw, 10 Erick Colyn, 9 Enrico Acker, 8 Gerhard Meyer, 7 Jos de Klerk (kaptein), 6 Eben van Zyl, 5 Jaco Lamprecht, 4 William Clift, 3 JP van Rooyen, 2 Martin Ferreira, 1 Micheal van Vuuren.
Plaasvervangers: 16 Cobus van der Westhuizen, 17 Milo Moholo, 18  JC Astle, 19  Ryno Fourie, 20 Francios van Straaten, 21 Skillie Fransman, 22 JJ Jansen.

Northerns Madibaz: 15 FD Vosloo, 14 HN Mashabela, 13 L Zatu, 12 A Lalendle, 11 L Funde, 10 L Weyer, 9 WE Neveling, 8 S Gazi, 7 B Brukman, 6 L de Villiers, 5 A Ndichawona, 4 L Martins, 3 C Ferreira, 2 LJD Mbane, 1 LJ Nortje.
Plaasvervangers: 16 CJ Serfontein, 17 D Lombard, 18 C Shayi, 19 P Beukman, 20 NS Van Eeden, 21 AG Jappie, 22 JD Symington.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment