Get Newsletter

Vishuis se breier in sy noppies

Daar is geen rede hoekom Steinhoff Vishuis, van Shimlas, nie vanjaar se Steinhoff Koshuisliga kan wen nie.

Vishuis het Maandag waarskynlik hul moeilikste wedstryd in die Suid-afdeling oortuigend gewen toe hulle in Stellenbosch 24-7 oor Steinhoff Dagbreek geseëvier het.

Hulle het daarmee ‘n sterk waarskuwing aan die Tornadoes van die Universiteit van Kaapstad gestuur. Dié spanne meet Maandag in Bloemfontein kragte.

Vishuis se afrigter, Jan Earle, was baie in sy noppies met sy boytjies se spel teen Dagbreek.

“Die outjies het goed gedoen, veral in die stormsterk suidooste wind wat gewaai het. Ons het die eerste helfte teen die wind gespeel en steeds daarin geslaag om ‘n 7-0 voorsprong op te bou,” het Earle verduidelik.

“Toe was ek reeds baie positief oor ons wenkanse. Ons het die wind in die tweede helfte baie goed gebruik en drie keer gaan druk (om ‘n bonuspunt te verseker).

“Ek dink ons het hulle in die tweede helfte moeg geskrum en sodoende hul voorspelers geneutraliseer, wat gemaak het dat ons manne heelwat los balle gewen het.”

Earle het ‘n volle voorry in die tweede helfte opgestuur en dit het duidelik die gewenste uitwerking gehad.

“Ons het hulle stukkend geskrum en ‘n speler soos Johnny Harris (plaasvervanger-stut) het veral goed gedoen. Hy is egter nou opgeroep na Shimlas,” het hy gesê. “Hopelik sal sy ouer broer, Richard, volkome van sy besering herstel om Johnny op die bank te vervang.”

Earle het ook baie lof vir sy skrumskakel Enrico Acker gehad en het bygevoeg: “Hy (Acke) was uitstekend. Sy verdediging was rotsvas en veral sy besluitneming het my baie beïndruk. Hy het presies geweet watter balle om wyd te neem wat dan ook tot drie van die drieë gelei het.”

Ook AJ Coertzer, wat sy debuut vir Vishuis gemaak het, het ‘n goeie wedstryd op heelagter beleef.

“Hulle het baie op hom geskop, maar kon hom nooit uit posisie betrap nie,” het Earle trots aan varsitycup.co.za gesê.

Buiten Harris se onttrekking, is dit in hierdie stadium net Ryno Fourie (flank) wat dalk Maandag se wedstryd teen die Tornadoes kan misloop.

Earle het gesê hulle gaan vandeesweek aan hul spel in die los situasies werk en die voorspelers hoef nie ‘n moordende sessie te vrees nie. Daarvoor het hulle Maandagaand met goeie voorspelerspel gesorg.

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment