Get Newsletter

Vishuis wil bal lug gee

Erick Colyn se insluiting in die beginspan is die merkbaarste verandering aan die Steinhoff Vishuis se span vir Maandag se tweede ronde van die 2010 Steinhoff Koshuisliga.

Vishuis speel om 5nm op Shimlapark in Bloemfontein teen die Steinhoff Tornadoes wat verlede week ‘n goeie sege oor die Madibaz van NMMU behaal het.

Vishuis het op hul beurt ‘n ewe goeie oorwinning oor Dagbreek in Stellenbosch behaal.

Colyn, die jonger broer van Jaco wat vir die Shimlas speel, vervang vir Francios van Straaten op binnesenter wie na die bank skuif. Colyn is net sy ouer broer ‘n baie talentvolle speler wat basies enige posisie in die agterlyn kan speel.

Verder is Ryno Fourie op flank onbeskikbaar weens ‘n kniebesering en word in die beginspan deur Eben van Zyl vervang.

Op vasskop begin Henry van Niekerk met Martin (Bulletjie) Ferreira wat as haker langs hom gekies is. Ferreira behoort veral die span met sy kraglopies te versterk.

“Ons kon vir Ryno gekies het, maar het liewers besluit om nie met hom te waag nie. Die enigste ander angeval is JC (Astle) wat twee weke buite aksie met ‘n seer skouer is,” het Jan Earle, die Vishuis-afrigter, gesê aan varsitycup.co.za.

Astle, ‘n vasskop stut, was verlede week op die plaasvervangerbank.

Waar Earle verlede week die luukse gehad het om ‘n volle voorry op die bank te kies, het hy hierdie week net ‘n plaasvervanger-haker en -stut. Vier spelers, Milo Moholo (slot), Weich Morrison (flank), Skillie Fransman en JJ Jansen (albei veelsydige agterspelers) sal hulle debuut vir Vishuis maak indien hulle speelkans van die bank af kry.

Earle sê hy hoop sy span kan meer aanskoulike rugby teen Tornadoes van Kaapstad opdis. “Ek sal graag wil sien dat die manne meer met die bal hardloop – ek dink dis waar ons sterkpunt lê.”

Volgens hom sal die veranderinge glad nie die span verswak nie: “Ag nee-wat, dis nie enigsens vir ons ontwrigtend nie. Ek wil maar net vir almal speelkans gee om hul wedstrydskerp te hou.”

Die Steinhoff Vishuis span: 15 AJ Coertzen, 14 Bennie Pretorius, 13 Barend Landman, 12 Erick Colyn, 11 Beyers Louw, 10 Willem Conradie, 9 Enrico Acker, 8 Gerhard Meyer, 7 Jos de Klerk (kaptein), 6 Eben van Zyl, 5 Jaco Lamprecht, 4 William Clift, 3 Henry van Niekerk, 2 Martin Ferreira, 1 Micheal van Vuuren.
Plaasvervangers: 16 Cobus van der Westhuizen, 17 JP van Rooyen, 18 Milo Moholo, 19 Weich Morrison, 20 Francios van Straaten, 21 Skillie Fransman, 22 JJ Jansen.
 
Hoofafrigter: Jan Earle

Datum: Maandag, 1 Maart
Plek: Shimlapark
Afskop: 5nm

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment