Get Newsletter

Vishuis wys sy kwaliteit

Steinhoff Vishuis het die afgelope naweek gewys hoekom hy die 2010 Steinhoff Koshuisrugby kampioene is toe hy die voorloper in die Kovsie-koshuisliga, JBM, 19-5 geklop het.

Die kampioen span se agttal was fisies groter en sterker as dié van die Huis van Meesters. JBM het daarom kwaai gesukkel om Vishuis se voorspelers te stuit.

Met sy voorspelers wat voorlangs verwoesting gesaai het, kon Vishuis se agterlyn ook deurgangs van die voorvoet af speel. Vishuis het oudergewoonte met bal in hand gespeel en maar min bal besit weggeskop.

JBM kon glad nie die rugby speel wat hom boaan die punteleer gekry het nie. Sy gevaarlike agterlyn het bitter min bal gesien omdat hy genoop was om die bal veld-af te skop weens te veel druk.

Die wenspan het drie drieë gedruk. Ulrich Carshagen (linkervleuel), Gerhard Meyer (agsteman) en Jaco Lamprecht (slot) het elk ‘n drie agter hul naam skryf. Waldo Lategan het twee van die drie drieë verdoel.

Eben van Zyl het die veld aan die brand gespeel. Dié flank was by die afbreukpunte ‘n doring in die vlees van JBM. Petri Ackerman het met sy drie ‘n bietjie waardigheid JBM herwin.

Puntemakers: Vishuis 19 (12): Drieë: Ulrich Carshagen, Gerhard Meyer, Jaco Lamprecht. Doelskoppe: Waldo Lategan (2). JBM 5 (5): Drie: Petri Ackerman.

* In die ander wedstryd van die aand het Armentum met sy oorwinnig van 25-13 oor Karee sy eerste sege van 2010 behaal.

Karee het eerste punte aangeteken toe sy haker, Gareth du Plessis, oor die lyn geduik het nadat hy die bal agter ‘n losskrum opgepik het.

Met rustyd was die telling 8-0, maar albei spanne het weens ongedwonge foute gesukkel. Armentum het in die tweede helfte sy sokkies opgetrek en het beheer van sake geneem. Karee se dissipline het hom in die steek gelaat en Armentum kon twee vinnige drieë sowel as ‘n strafskop aanteken.

Albei spanne het talle hanteer foute begaan – die kwaliteit van die spel wat opgedis is, was nie van die beste nie. Karee het weer gesukkel met skopwerk en kon slegs met een van vyf pogings na die pale welslae vind. Die span in blou se spel in die tweede helfte was beter as die van die eerste helfte – drie drieë kan daarvoor getuig.

Puntemakers: Armentum 25 (0): Drieë: Robbie Heuer, Wessel de Bruyn, Pieter-Mohr van Niekerk. Doelskoppe: Jaco Henning (2). Strafskoppe: Henning (2). Karee 13 (8): Drieë: Gareth du Plessis, Dokes Dames. Doelskop: Jannie Russouw.

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment