Get Newsletter

Belangrike sege vir Tuks

FNB Tuks 1 het eergister die eerste span geword wat Harlequins dié seisoen in die uitspeelronde van die Blou Bulle se Carltonliga kon klop.

Tuks het met 30-12 gewen en vier drieë vir ‘n bonuspunt gedruk. Dié voltal verseker dat Tuks bo-aan die puntelys bly en die wedstryd teen Centurion op 29 Mei al hoe meer na die ‘eindronde’ om die Lucas Strachan-skild (die groot prys op die spel in die eerste ronde) begin lyk.

Vir Tuks was dit algeheel ‘n baie goeie naweek, want al die ander spanne wat in aksie was, was ook aan die wenkant.

Vir FNB Tuks 1 een het John-Wessel Bell (linkervleuel, 2), Dirk Dippenaar (regtervleuel) en Justin van Staden (heelagter) drieë gedruk.

Van Staden was ook in die kol met ‘n doelskop en twee strafdoele, terwyl Gertjie Smith een van die drieë verdoel het.

Ander uitslae: 2de liga: Tuks Fezelas 39, Harlequins 6; 3de liga: Tuks Pumas 66, Harlequins 14; 4de liga: Tuks Legends 10, Polisie 3; o.21: Tuks Jongspan 109, Harlequins 0; o.19: Tuks A 28, Harlequins 12; Tuks B 14, Centurion 7.

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment