Get Newsletter

Britz: Shimlas se 'Jekyl en Hyde'

Diegene wat FNB Shimlas flanker Willie Britz al ontmoet het, sal erken dat hy met die eerste oogopslag ‘n baie rustige ou is wat altyd glimlag.

Maar diegene wat dié klipharde flank op die rugbyveld leer ken het, sal vir jou die teenoorgestelde sê.

Dié oopkant-flank het in 2006 aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley matriek geskryf waar hy in 2005 en 2006 vir Griekwas se Cravenweekspan uitgedraf het. Hy is tans ‘n vierdejaar-student in B.Sc.Agric en ‘n trotse inwoner van Huis Armentum.

Britz sê hy geniet dit verskriklik baie om vanjaar vir die Shimlas te speel. “Ons is ‘n groep pêlle wat saam speel en die gees is regtig baie goed in die span.”

Willie is na die 2010 Varsitybeker deur die Griffons genader. Hy was in die Vodacombeker-reeks vir hulle in aksie.

“Ek het al verlede jaar vir die Vrystaat in dié kompetisie gespeel, maar by die Griffons het ek hierdie jaar ‘n kans om Curriebeker-rugby te speel,” verduidelik hy aan varsitycup.co.za.

Britz sê hy wil graag ‘n loopbaan van rugby maak. Sy pa speel ‘n groot rol in sy rugby, het hy bygevoeg: “Hy is my grootste ondersteuner sowel as my grootste kritikus,” voeg hy by.

Die krulkop-reus sê hy wil baie graag die Shimlas se nommer-7-trui sy eie maak. “Die kompetisie is baie taai vir flanke vanjaar.”

Met spelers soos Boom Prinsloo en Phillip van der Walt, sal Britz sy storie moet ken om vas te hou aan daardie droom. Hy is gelukkig om nie ernstige beserings of kwale te hê nie, veral met die fisieke benadering wat hy tot die spel het.

“My enkels lol soms, maar ek verbind dit voor elke wedstryd,” sê Britz.

Willlie Britz is ‘n naam wat nog vir lank in rugbykringe gehoor sal word. Sy kop én sy hart is op die regte plek.

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment