{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

Britz terug vir Shimlas

Die terugkeer van drie sleutelspelers sal die FNB Shimlas-span versterk vir sy deurslaggewende tuiswedstryd Maandag in die 2010 FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International.

Shimlas takel die Universiteit van Johannesburg (UJ) in ‘n reg-of-weg-wedstryd in die laaste ronde van die groepfase. Vir die wenner is daar ‘n plek in die halfeindronde op die spel. Shimlas en UJ het albei 18 ligapunte en lê gesamentlik vierde agter Maties, Pukke en Ikeys onderskeidelik.

Franna du Toit, ‘n voormalige SA-skolespeler, maak sy terugkeer vir Shimlas ná hy verlede jaar ook teen UJ op die Universiteit­sport Suid-Afrika (Ussa)-toernooi sy enkel gebreek het.

Hy is op heelagter gekies, dieselfde posisie as wat hy in daardie wedstryd teen UJ gespeel het. Hoewel hy eintlik ‘n losskakel is, glo Jaco Swanepoel, Shimla-breier, dat hy maklik op heelagter sal inpas.

Dié skuif beteken dat Reinhardt Erwee weer op losskakel stelling inneem ná Jaco Colyn die vorige twee weke daar diens verrig het. Swanepoel het ietwat verras deur Gerrie Odendaal op skrumskakel te behou, pleks van Colyn daar te kies.

“Gerrie het ‘n goeie skopskoen, veral van die losskrums en losgemale, so ons wil dit tot ons voordeel gebruik.

“Reinhardt is ons erkende losskakel en eerste keuse, dus met Franna se beskikbaarheid was dit ‘n logiese keuse om Reinhardt weer op losskakel te kies.

“Franna bring weer ‘n ander dimensie in die laaste vesting. Hy het goeie visie, skop goed en boonop het hy ‘n goeie aftrap,” het Swanepoel sy besluit verduidelik aan varsitycup.co.za.

Nog ‘n verandering agterlangs is Jamba Ulengo, die Suid-Afrikaanse o.20-vleuel, wat Divandré Strydom se plek op regtervleuel inneem. Strydom skuif af plaasvervangerbank toe.

Voorlangs maak Willie Britz, een van die vormspelers van die reeks, sy terugkeer ná hy ‘n harde hou teen die knie teen Maties in die vierde ronde opgedoen het.

Hanno Pieterse, Shimlas se ander kookwater-flank, het egter nog nie van masels (wat hy onder lede het), herstel nie. Dit het Pieterse genoodsaak om hom op die laaste nippertjie voor die Tukkies-wedstryd te onttrek. Sybrand Mostert speel weer in sy plek flank.

Die moontlikheid bestaan dat Shimlas ná Maandag ‘n tuis-halfeindstryd kan hê.

Maar vir dit om te gebeur moet hulle UJ klop, hoop dat Pukke teen Maties verloor en Tukkies moet Ikeys wen. Laasgenoemde is onwaarskynlik, veral weens die feit dat die wedstryd in Kaapstad beslis word en Tukkies nie iets het om voor te speel nie. Hulle kan nie meer die halfeindronde haal nie.

* Jake White en Eddie Jones, albei voormalige nasionale afrigters, het Donderdag Shimlas se truie oorhandig.

Die twee afrigters was in Bloemfontein met White se afrigtingskursus, The Jake White’s Winning Ways, toe hulle gevra is om die span toe te spreek.

Op die foto is Kovsies kaptein Wayne Stevens (middel) saam met Jones en White ná hy sy trui ontvang het.

Die FNB Shimlas span: 15 Franna du Toit, 14 Jamba Ulengo, 13 Earl Snyman, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Beast Ndwandwa, 10 Reinhardt Erwee, 9 Gerrie Odendaal, 8 Boom Prinsloo, 7 Willie Britz, 6 Sybrand Mostert, 5 Wilken Heyns, 4 Joubert Horn, 3 Ian Potgieter, 2 Hans Grobler, 1 Charles Marais.
Plaasvervangers: 16 PW van Vuuren, 17 Marcel van der Merwe, 18 Lebo Zietsman, 19 Gerrit Theron, 20 Marlin Ruiters, 21 Johan van Schalkwyk, 22 Jamba Ulengo, 23 Johnny Harris.

Hoofafrigter: Jaco Swanepoel

Datum: Maandag, 15 Maart
Plek: Shimlapark
Afskop: 6.30nm (regstreeks op SuperSport Een)
Skeidsregter: Mlungiseli Mdashe

Deur Ruan Bruwer

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment