Get Newsletter

Colyn 'n wins vir enige span

Enigeiemand wat al vir Jaco Colyn sien rugby speel het, sal opmerk watter ongelooflike werksverigting dié skrumskakel en kaptein van Shimlas op die veld het.

Gepaard met visie, leierskap en ‘n aanvoeling vir die spel van rugby en ‘n ongelooflike talent, is Jaco beslis ‘n aanwins vir enige span. En met sy veelsydigheid, kort daar ook niks nie.

Dit het hy die afgelope Varsitybeker bewys toe hy gemaklik van skrumskakel af geskuif is na losskakel. Hy is tans besig met sy finale jaar in fisioterapie en sal na sy uitrede in die toekoms steeds by die spel betrokke wil bly.

“Dit sal vir my lekker wees om, waneer ek eendag nie meer rugby kan speel nie, steeds betrokke te wees by die spel en ek dink met fisioterapie is dit moontlik,” het Jaco gesê aan varsitycup.co.za.

Sy planne vir die toekoms is om sy graad aan die einde van die jaar te voltooi en volgende jaar sy gemeenskapsjaar te doen. Hy is tans in gesprekke met van die kleiner rugbyunies in die land om die moontlikheid van ‘n kontrak in 2011. (Die moontlikheid om eendag in die buiteland te gaan rugby speel is ook iets wat hy beslis sal oorweeg.)

“My plan is om op ‘n semi-beroepsgrondslag aan te hou rugby speel wat my die kans sal gee om my gemeenskapsjaar te voltooi,” het die Shimla kaptein bygevoeg.

Jaco het al meer as 50 wedstryde vir die Shimlas gespeel wat hom die mees ervare speler in die Shimla groep maak. Hy het ook reeds 20 keer as kaptein uitgedraf en het vanjaar in sy derde Varsitybeker toernooi gespeel.

“Ek dink hierdie jaar se toernooi was baie goed georganiseer,” het hy gesê.

“Die gehalte van rugby was vir my ook baie goed gewees. Baie van die spelers wat vanjaar deelgeneem het, het al Vodacombekerrugby gespeel en sommige spelers het al Suid-Afrika op verskillend vlakke verteenwoordig.”

Sy prestasies tot dusver spreek vanself. Hy het in 2007 die Suid-Afrikaanse studentespan verteenwoordig en het ook vir die Cheetahs in die Vodacombeker-reeks uitgedraf. In 2008 was hy die kaptein van die Vrystaatse se Onder-21 span.

Op 1.72 meter en 78 kg mag hy dalk nie die grootste speler op die veld wees nie, maar hy het defnitief die grootste hart.

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment