{"209":{"title":"Six Nations","uri":"six-nations","id":"108","oid":"209","order":0,"hasData":1},"210":{"title":"Rugby World Cup","uri":"rugby-world-cup","id":"111","oid":"210","order":1,"hasData":1},"3":{"title":"International","uri":"internationals","id":"107","oid":"3","order":3,"hasData":1},"201":{"title":"Gallagher Premiership","uri":"premiership","id":"101","oid":"201","order":4,"hasData":1},"204":{"title":"United Rugby Championship","uri":"united-rugby-championship","id":"138","oid":"204","order":5,"hasData":1},"203":{"title":"TOP 14","uri":"top-14","id":"102","oid":"203","order":6,"hasData":1},"217":{"title":"U20 Six Nations","uri":"u20-six-nations","id":"217","oid":"217","order":7,"hasData":1},"211":{"title":"Pro D2","uri":"pro-d2","id":"119","oid":"211","order":8,"hasData":1},"208":{"title":"Bunnings NPC","uri":"bunnings-npc","id":"105","oid":"208","order":9,"hasData":1},"242":{"title":"Investec Champions Cup","uri":"european-champions-cup","id":"110","oid":"242","order":10,"hasData":1},"243":{"title":"Challenge Cup","uri":"challenge-cup","id":"118","oid":"243","order":11,"hasData":1},"340":{"title":"PWR","uri":"premiership-womens-rugby","id":"127","oid":"340","order":12,"hasData":1},"205":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby","id":"104","oid":"205","order":13,"hasData":1},"207":{"title":"Currie Cup","uri":"currie-cup","id":"106","oid":"207","order":14,"hasData":1},"248":{"title":"Women's Six Nations","uri":"womens-six-nations","id":"125","oid":"248","order":16,"hasData":1},"274":{"title":"Women's Internationals","uri":"womens-internationals","id":"274","oid":"274","order":17,"hasData":1},"249":{"title":"Women's Rugby World Cup","uri":"womens-rugby-world-cup","id":"126","oid":"249","order":18,"hasData":1},"365":{"title":"Autumn Nations Series","uri":"autumn-nations-series","id":"124","oid":"365","order":19,"hasData":1},"2000":{"title":"Nations Championship","uri":"nations-championship","id":"2000","oid":"2000","order":20,"hasData":1},"1":{"title":"Rugby Hybrid Friendlies","uri":"rugby-hybrid-friendlies","id":"1","oid":"1","order":21,"hasData":1},"269":{"title":"Rugby Europe Championship","uri":"rugby-europe-championship","id":"269","oid":"269","order":22,"hasData":1},"221":{"title":"British & Irish Lions 2025","uri":"british-irish-lions","id":"113","oid":"221","order":23,"hasData":1},"214":{"title":"The Rugby Championship","uri":"the-rugby-championship","id":"109","oid":"214","order":24,"hasData":1},"141":{"title":"Super Rugby Pacific","uri":"super-rugby-pacific","id":"141","oid":"141","order":25,"hasData":1},"216":{"title":"World Rugby Junior World Championship","uri":"world-rugby-u20-championship","id":"216","oid":"216","order":25,"hasData":1},"219":{"title":"Pacific Nations Cup","uri":"pacific-nations-cup","id":"219","oid":"219","order":26,"hasData":1},"120":{"title":"Pacific Four Series","uri":"pacific-four-series","id":"120","oid":"120","order":27,"hasData":1},"862":{"title":"WXV 1","uri":"wxv-1","id":"862","oid":"862","order":29,"hasData":1},"863":{"title":"WXV 2","uri":"wxv-2","id":"863","oid":"863","order":30,"hasData":1},"864":{"title":"WXV 3","uri":"wxv-3","id":"864","oid":"864","order":31,"hasData":1},"151":{"title":"Major League Rugby","uri":"major-league-rugby","id":"131","oid":"151","order":32,"hasData":1},"116":{"title":"Premiership Cup","uri":"premiership-cup","id":"116","oid":"116","order":34,"hasData":1}}

'Eerlike' Davids staan ferm vir Tuks

Shaun Davids, FNB Tuks se Varsitybeker-kaptein, besef daar is mense wat sy kop eis omdat hy na hul mening nie die oplossing op losskakel is nie.

“Ja, ek weet daar is mense wat my bloed soek, maar dit spoor my eerder aan as wat dit my ontmoedig,” het ‘n vasberade Davids gesê aan varsitycup.co.za.

“Elke ou is sekerlik op sy eie mening oor my spel geregtig, maar my persoonlike barometer is tot watter die coach (Freddie Grobler) en die spelers in my glo. En solank ek weet die coach en die spelers staan agter my, sal ek my kop hoog hou en doen wat ek moet om Tuks in die halfeindronde te kry.”

Hoewel hy hom min steur aan wat sy selfaangestelde kritici oor hom sê, is Davids “brutal eerlik” met homself en gee hy sonder meer toe dat sy skopwerk nie op peil is nie.

“Dit is hoekom ek soveel bykomende ure aan my skopwerk bestee, al lyk dit dalk nie altyd so in wedstryde nie. Ek is nie blind vir my eie foute nie en sal aanhou oefen en oefen totdat my taktiese skopwerk ‘n troefkaart word.”

Davids is FNB Tuks se eerste swart kaptein, maar dis ‘n stukkie geskiedenis waaraan hy nie veel erg het nie. “Dis sekerlik ‘n mylpaal, maar ek dink nie aan myself as iemand van ‘n spesifieke velkleur nie, maar eerder net aan ‘n speler wat op grond van sy rugbyvaardighede die kaptein en losskakel van Tuks is.”

Davids sê dit is aan Johan Potgieter, pa van die Springbok- en Blou Bul-losvoorspeler Dewald Potgieter, te dankie dat hy Pretoria toe verhuis het.

“Ek het in die Oos-Kaap grootgeword en in 2005 aan die HTS Daniël Pienaar in Uitenhage gematrikuleer,” het hy gesê.

“Ek en Dewald het saam vir die eerste span rugby gespeel. Hy was die kaptein en ek sy adjudant. Toe Dewald soveel sukses by die Bulle begin behaal, het sy pa my gebel en aangeraai om ook Pretoria as my nuwe rugbytuiste te kies.”

Hy het eers vir Eersterust Carltonrugby gespeel, voordat FNB Tuks hom aan die einde van die 2007 seisoen nadergetrek het. Sedertdien het hy nog weer omgekyk nie.

Oor FNB Tuks se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International-veldtog van 2010 stem Davids saam dat die wedstryd teen die FNB Maties Maandagmiddag in Stellenbosch deurslaggewend kan wees.

“Hulle is die voorlopers op die puntelys en die enigste span wat nog al sy wedstryde gewen het.

“Dit sê baie, maar FNB Tuks is snaaks genoeg een van die min spanne wat die FNB Maties in hul agterplaas kan klop. Daar is elk geval nie iets soos ‘n onoorwinlike span nie.”

GUNSTELINGE:
Kos:
Lasagne
Drankie: Lemonade
Rolprent: Man on Fire
Musiek: R&B
Speler: Berrick Barnes
Span: Wallabies
Stadion: Nuweland

Deur Morris Gilbert

ADVERTISEMENT

Join free

KOKO Show | 13 October 2026 | WALLABIES BROUGHT CRASHING BACK TO EARTH! All Blacks Deliver Bledisloe Reality Check!

What Rugby Fans Don't See: Ben O'Keeffe on Life Under Pressure | ARP Extra

What Did the All Blacks’ Big Win Prove? | Episode 35 | Aotearoa Rugby Pod

Canada v England | WXV Global Series

MLR Weekly: New England Owner Errik Anderson re expansion/future, MLR News, College Rugby Corner

Spain v South Africa | WXV Global Series 2026 | Match Highlights

Chile v Hong Kong China | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Belgium v Portugal | U20 Challenger 2026 | Match Highlights

Write A Comment