Get Newsletter

Kaapse spanne speel weer tuis

Die Wes-Kaapse universiteite, die FNB Maties en die FNB-Ikey Tigers, sal – vir die derde agtereenvolgende jaar – gasheer speel wanneer die halfeindwedstryde van die van die FNB Varsitybeker, aangebied deur Steinhoff International, aanstaande week plaasvind.

Daar is een groot verskil, in die halfeindwedstryde van die afgelope twee jaar in Suid-Afrika se vinnigste groeiende rugby-kompetisie, met Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad wat nuwe teenstanders in vanjaar se uitspeel-wedstryde gaan hê.

Terwyl Maties in 2008 en 2009 gasheer vir Tukkies gespeel het, sal hulle vanjaar die Pukke in Stellenbosch verwelkom – laasgenoemde die grootste verloorders in die laaste ronde van die toernooi se liga-aksie. En die Ikeys, wat in 2008 en 2009 as gasheer opgetree het vir Pukke in twee dramaties halfeindwedstryde, sal vanjaar Shimlas by hul tuisveld, die gewilde Groen Myl in Groote Schuur, verwelkom.

Die drama het Maandag begin toe die FNB Maties ‘n hardnekkige NWU-Pukke met 33-17 in Potchefstroom verslaan het – ‘n uitslag wat beteken dat die span van Stellenbosch geskiedenis gemaak het deur die eerste span te word om al hul liga-wedstryde in een seisoen te wen.

FNB Pukke het seker gemaak dat die Maties hard vir hul oorwinning moes werk en die punteverskil was waarskynlik nie ‘n ware weerspieëling van die Potchefstroom-uitrusting se pogings nie. ‘n Onderskep-drie deur die Maties se senter Charl Weideman, nadat die amptelike tyd reeds verstreke was, het Pukke se hoop op ‘n moontlike oorwinning of bonus-punt nederlaag finaal beëindig – en die eindtelling van 33-17 besorg.

Met tweede plek op die punteleer, en daarby tuisveld-voordeel in die halfeindwedstryd, op die spel, het die Pukke met vurige inklimspel in die eerste helfte vorendag gekom. Het het egter in die twee helfte met hul swak oordeel al hul goeie werk ongedaan gemaak.

‘n Tevrede Maties afrigter Chean Roux het aan varsitycup.co.za gesê: “Ek sal wil glo dat die Danie Craven-stadion [in Stellenbosch] ‘n baie intimiderende arena is – maar, bygevoeg, in die halfeindwedstryde is dit soos T20 krieket waar enige span op die dag kan wen.,..

“Ek glo vas dat alles goed sal verloop indien ons by ons strukture hou en die spelers net besef dat alles wat tot dusver vanjaar gebeur, nou vir niks tel nie.”

***Kliek HIERSO vir die volledige 2010 Varsitybeker punteleer!***

Die groot wenners van die toernooi Maandag was FNB Shimlas – met hulle 51-32 oorwinning oor FNB UJ in Bloemfontein – en natuurlik UK, wat net soos Shimlas daarin geslaag het om verby die Pukke op die punteleer te skuif.

Die Shimlas se groot oorwinning is te danke aan twee drieë in die laaste vyf minute deur die tuisspan.

Met Shimlas wat slegs 39-32 voorgeloop het, en UJ wat op soek was na die gelykmakende drie – wat ironies genoeg die Pukke uit die halfeindstryd sou skakel indien die spanne gelykop gespeel het – het Shimlas baat gevind uit twee foute van ‘n desperate UJ span. Die 14 punte deur Shimlas het hulle gehelp om die 50-tal te behaal.

Dit besorg aan Shimlas ‘n plek in die Varsitybeker-halfeindstryd vir die eerste keer, maar hulle het nou die onbenydenswaardige taak om die indrukwekkende Ikey Tigers op hul tuisveld in Kaapstad te gaan aandurf.

UK het hul plek in die uitspeelwedstryd bespreek  – en daarby ook tuisveld-voordeel verdien – toe hulle Tukkies by ‘n windverwaaide Groote Schuur in Kaapstad afgestof het. Die wedstryd het vier drieë deur albei spanne opgelewer, maar die skopskoen van die jong losskakel Doug Mallett was die verskil.

Dit is die eerste keer in die bestaan van die reeks dat die Pretoria-studente, FNB Tukkies, nie in die uitspeelwedstryd betrokke gaan wees nie. Hulle het in 2008 en 2009 teen Maties te staan gekom.

In die dag se enigste ander wedstryd, wat geen invloed op die boonste plekke op die punteleer gehad het nie, was FNB TUT en FNB NMMU betrokke in ‘n stryd op die laaste plek op die punteleer vry te sporing.

TUT het uiteindelik met 45-40 in Tshwane geseëvier – hul eerste oorwinning in meer as twee jaar, ná hulle dieselfde Madibas op 3 Maart 2008 met 31-26 in die TUT-stadion geklop het.

Die uiteinde vir NMMU is dat hulle nie net laaste eindig nie, maar later vanjaar in ‘n promosie-relegasiereeks betrokke gaan wees. Hul teenstanders moet egter nog bepaal word.

Click HERE for the English version of this wrap-up!

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment