Get Newsletter

Kookwater Shimlas klop Polisie

‘n Kookwater vertoning deur die Shimlas het die rugbyspan van Bloemfontein-Polisie met 70-0 op sy kniee gehad in Woensdagaand se Stadsliga kragmeting tussen dié spanne.

Shimlas het 12 onbeantwoorde drieë gaan gedruk.

Die Kovsie-span was vanaf die afskop aan die stuur van sake en Polisie se spelers het hul hande vol gehad met die gevaarlike aanvallende spel van die studente.

Shimlas se voorspelers het hul teenstander voorlangs sag gemaak en skrumskakel Gerrie Odendal (foto, bo) het deurgaans die bal op die voorvoet gekry.

Agterlangs, het die Shimla-kaptein Jaco Colyn en spoed-frats Jamba Ulengo uitgeblink. Die blitsige Ulengo het met groot geesdrif gespeel en met gevaarlike dartellopies gereeld die Polisie se verdedigers aan die raai gehou.

Voorlangs, het Lebo Zietsman (slot) en Pieter Labuschagne (flank) met goeie spel beïndruk. Zietsman het gefloreer in die vaste fasette. Sy lynstaanwerk was veral uitsonderlik.

Labuschagne het uitmuntend vertoon en twee keer agter die Polisiemanne se doellyn gaan kuier. Dié losvoorspeler se ondersteunende spel, asook sy werksverigting by die afbreekpunte, was uit die boonste rakke. En met sy aanvoeling vir die spel is dié sewe-flank baie gevaarlik. Sy goeie vertoning sal ‘n probleem vir Shimla-breier Jaco Swanepoel wees, want die opsies op flank is legio.

Willie Britz, Erik le Roux en Sybrand Mostert is almal spelers wat hulself vanjaar al vir Shimlas op sewe-flank beïndruk het.

– In die ander kragmeting van die aand het die Kovsie o.21-span met Polisie se naasbestes afgereken. Die studente het die kragmeting 29-14 gewen. Slegte dissipline deur die wenspan het egter verhinder dat die studente ‘n groter telling op die telbord geplaas het. Albei spanne het ook verskeie hanteerfoute gemaak.

– Shimlas is tans onoorwonne in die Stadsliga en lê boaan die punteleer. Die Kovsies se tweede span (Irawas) beklee die tweede plek in dié kompetisie. Irawas het nog slegs teen Shimlas die knie gebuig.

Deur Tian Malherbe

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

PACIFIC FOUR SERIES 2024 | CANADA V USA

Japan Rugby League One | Verblitz v Eagles | Full Match Replay

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 10

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Write A Comment